Hier is respek en dissipline baas

Hier is respek en dissipline baas

Gansbaai Courant

Min mense is bewus van die karategroepie wat elke Maandag in die Blompark Gemeenskapsaal vergader.

Alhoewel hulle soos ‘n groepie jong kindertjies lyk wat rondstaan in gewone dagklere,  is hulle gereed vir hulle eerstevlak karateka gradering, wat die betrokke middag kort na die fotosessie plaasgevind het.

Die energieke Enrico Delport is die Tweede Dan Sensei, wat elke week spesiaal uit die Kaap ry om hulle in dié gedissiplineerde vegkuns te kom oplei.

Renshi Billy Chellan, ‘n 6de dan swart gordel, lyk streng waar hy gereed staan om as gradeerder op te tree.

Wanneer hulle gradering-instrukteur praat, luister hulle onmiddellik en skielik besef  jy dat die eed wat hulle weekliks in hulle Dojo Kun (Japanees vir vegkuns opleidingsaal) aflê, alreeds vir hulle betekenis inhou.

Die karatekas word geleer om te alle tye beskeie, oplettend, geduldig en eerbaar te wees.

Hulle streef na kennis, krag, onverstoordheid en vrede.

Hulle leer om hulself en dit wat aan hulle behoort, te respekteer, asook om ander en hul besittings te respekteer.

Alenore Baardman van Blompark tree op as sameroeper vir die junior groep kinders van 5 tot 15 jaar wat elke Maandag tussen 16:00 en 17:00 saam oefen sedert Februarie vanjaar.

Enrico sê hy sal graag ‘n senior groep van 16 jaar en ouer  ook aan die gang wil kry.

Hier is respek en dissipline baas

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant