Franskraal open eie beheerkamer

Franskraal open eie beheerkamer

Gansbaai Courant

Franskraal Buurtwag se eie Beheerkamer is Saterdag, 24 Junie 2017 “in styl” in Franskraalstrand geopen.

Willem (voorsitter) en Melinda (tesourier) het die seremoniële lint gesamentlik geknip - “aangesien my vrou sedert Mei 2015 my geduldige regterhand was,” het Willem gesê.

John Galvin (visie-voorsitter) het as seremoniemeester opgetree en Aubrey Louwrens gevra om die verrigtinge met gebed te open. Daarna het Brigadier Donovan Heilbron (Groepsbevelvoerder: Overstrand), Lt.Kol Kholosa Moshi (Gansbaai SAPD Stasiebevelvoerder), Lucille Mangiagalli (voorsitter: Gemeenskapspolisiëringsforum), Philip Fourie (namens Franskraal inwoners) en Willem van der Merwe (voorsitter) elk 'n spreekbeurt ontvang.

Die bestuur het intussen daarin geslaag om die buurtwag amptelik as ‘n geakrediteerde Buurtwag by die Departement van Gemeenskapsveiligheid te registreer.

Paul Venter, voorsitter van Uilkraal Buurtwag in Uilenkraalsmond Vakansieoord, is spesiaal bedank vir sy deurlopende ondersteuning, advies en samewerking om van die Buurtwag ‘n sukses te maak.

Philip Fourie het in sy toespraak ‘n goeie samevatting vir sukses gegee:

Twee belangrike hooffaktore is suiwer doelstellings en dat die handelinge om dit na te streef opreg moet wees; In die loodsingsproses is skakeling met onder andere organisasies, verenigings en regeringskanale van kardinale belang, terwyl interne faktore soos “menslike politiekery” reg hanteer moet word.

“My raad vir die toekoms is: hou by die doelstellings, bly nederig, waak teen verkeerde persepsies en fokus op goeie bemarking.”

Toerusting

Franskraal Buurtwag begin hul beheerkamer met ‘n stewige basis van toerusting en benodigdhede.

Uit eie geledere het hulle onder andere kantoormeubels, kolligte en  magneetborde aangekoop.

Die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid het onder andere glimbaadjies, flitse, fluitjies, 'n noodhulpkis en brandblusser en wit ligte vir die patrollievoertuie voorsien.

Borge, donateurs en skenkers het ook ‘n groot bydrae gelewer: hoë lugdraad by die  beheerkantoor wat goeie opvangs bied, radiobasis, yskas, mikrogolf, waaier, TV en skottel met modem, alarmstelsel, radio’s met antennas op die patrollievoertuie en ‘n skootrekenaar.

Stigting

“Franskraal Buurtwag is reeds gedurende Mei 2015 deur Willem van der Merwe gestig, waarna hy as sameroeper opgetree het,” het John Galvin gesê.

“Hy het aanvanklik op sy eie onverpoos gewerk en bloed gesweet, met Melinda wat hom ondersteun het, maar hy het nooit ophou glo in die verwesentliking van sy droom nie.”

Gedurende November 2016, sowat 18 maande later se harde werk deur Willem en diegene wat hom bygestaan het, is die eerste Algemene Jaarvergadering gehou, waar Willem amptelik tot voorsitter verkies is.

Bestuurslede

Die volgende lede dien tans op die bestuur van Franskraal Buurtwag: Willem van der Merwe (voorsitter), John Galvin (visie-voorsitter), Annaleen Genade  (sekretaresse), Melinda van der Merwe (tesourier), Elsa Lourens (lid) en Attie Barnard (lid).

Kontakbesonderhede

Franskraal Buurtwag se beheerkamer is op die hoek van Ross- en Loopstraat (waar die ou Franskraal Kafee was).

Franskraal open eie beheerkamer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant