Wyer horison vir 'The Beauty Spot'

Wyer horison vir 'The Beauty Spot'

Gansbaai Courant

Groot dinge gebeur by The Beauty Spot

Nie alleen het Adrie Nigrini haar salon verskuif na ‘n groter perseel nie, maar is sy besig om ‘n nuwe skoonheidsterapeut op te lei.

The Beauty Spot, wat in ‘n kort tydjie gewild geraak het, kan nou by die nuwe perseel op die hoek van Hoof- en Rietstraat ook gesigbehandelings, haarverwydering en ander skoonheidspraktyke toepas waarvoor Adrie opgelei is.

Die grootste nuus is dat Adrie onlangs gekwalifiseer het as Paramediese Mikro-pigmentasie Grimeerpraktisyn. Sy verskuif die professionele sy van haar 12-jaar lange beroep as mikro-pigmentasie tegnikus nou na ‘n vlak waar sy baie nóú saam met mediese spesialiste werk. Hulle verwys pasiënte na Adrie vir die verwydering van littekens na operasies. Sy werk ook op vroue wat borsrekonstruksie ondergaan het na ‘n masektomie. Mense wat permanente haarverlies het, kan ook by haar kom aanklop vir hulp.

Uit die aard van die noue samewerking met medici, moes Adrie ook mediese terminologie onder die knie kry. Sy het twee weke gelede hierdie intensiewe leerproses ondergaan onder die ge-oefende oog van Yvonne Hughes – welbekend en hoog geag onder permanente grimeertegnici.

Dit was ook Yvonne wat Adrie in 2005 op dié gebied opgelei het. Met 12 jaar ondervinding in die kuns van tatoëring was Adrie meer as gereed vir ‘n hoër trappie in haar beroep. As opgeleide tandartsstoelassistent is sy nie onbekend met die mediese wêreld nie.  Adrie is geregistreer by PCASA (Permanent Cosmetic Association of South Africa) en doen ook ‘micro blading’ en ‘micro needling’.

Nuweling

Barbara Vermeulen is die nuweling by The Beauty Spot. Na 12 jaar verblyf in Nederland, het sy en haar man hulle in De Kelders kom vestig, op soek na ‘n rustiger Suid-Afrikaanse lewenstyl.

Wyer horison vir 'The Beauty Spot'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant