Posseëls versprei die boodskap wêreldwyd

Posseëls versprei die boodskap wêreldwyd

Gansbaai Courant

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het pas ‘n stel seëls getiteld “Bye vir Afrika”, bekendgestel.

Die seëlvel en eerstedag-koevert is deur Jessica Delaney, ‘n student by die Open Window Institute for Arts & Digital Sciences in Centurion, ontwerp.

In bewaringskringe bestaan groot kommer oor die dalende getalle van heuningbye, hoofsaaklik as gevolg van besoedeling en die wydverspreide gebruik van gifstowwe is. 

Bye is baie meer as net heuningprodusente. Hulle verskaf ‘n noodsaaklike bestuiwingsdiens aan plante (en boere).

As heuningbye sou verdwyn loop duisende plantsoorte gevaar om uit te sterf en vrugte- en groenteboerdery sal feitlik onmoontlik word.

Heuningbye bestuif sowat 50 soorte kommersiële oeste in Suid-Afrika.  

Suid-Afrika is ‘n tuiste vir die Afrika heuningby, asook die Kaapse heuningby. Die Kaapse heuningby is hoofsaaklik tot Kaapse fynbosgebiede beperk, terwyl die Afrika heuningby vanaf die streke noord van die fynbos tot in Sentraal-Afrika strek.

Die seëls is geldige posgeld vir klein internasionale briewe, en dus sal duisende seëls bewustheid skep van heuningbye en hul omstandighede soos dit deur die wêreld versend word.

Die posseëls is by alle groot poskantoortakke beskikbaar. Die koste per seël beloop R9,15.

Posseëls versprei die boodskap wêreldwyd

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant