Geskarrel is nou agter die rug

Geskarrel is nou agter die rug

Gansbaai Courant

Atman Wildschut van Gansbaai Posduifklub vertel dat die seisoen aanbeweeg en die manne is stadig maar seker besig om op hul voete te kom.

“Die geskarrel van die eerste wedvlugte is agter die rug,” sê Atman. “Verlede week het ons Leeu Gamka gevlieg en soos ek gesê het, nog 116km verder en ons is nog op die kort pad, maar die pad raak stadig maar seker langer.

Die duiwe is om 09:30 te Leeu Gamka in mooi weer losgelaat. Met geen wind van voor, het die duiwe vinnig die pad na Gansbaai gevat. Die eerste duif is om 13:31 geklok.

“Dit is nou al ‘n hele paar jaar wat ek met die duiwe-sport aankom en vreemde karakters word in diè sportsoort ontmoet,” sê Atman. “Daarom het ek besluit om vir julle ‘n gedig te skryf.

Die Duiwe-boer

Op Gansbaai word daar duif gevlieg

Daar word gebrêk, gespog, maar ook gelieg

Van more vroeg tot baie laat

word daar net van duiwe gepraat

Met die mond word baie wenne gevlieg

Maar die klok sal wys of jy weer lieg

Oor duiwerasse word daar baie gepraat

Dis superduiwe, maar jy klok nog laat

Ludo Claassen, Tom Lock, Opel Blue en Turbo Tom

As almal tog net mooi wil kom

Die duiwe met die no name brand

Hul staan as daksitters hier bekend

Oor daksitters word so baie gespot

Maar Saterdag is hy tog in die klok

Die Champ het Saterdag weer gewen

Is hier dan niemand wat die ou kan tem

Ek sal die naweek weer probeer

Manne julle almal moet maar keer

Die gedig gee nou sy laaste gees

Ek hoop julle het lekker saam gelees

 Die Leeu Gamka uitslae was soos volg:

Jong Duiwe

A Voster 1ste, 13de.

N Stevens (Jnr) 2de, 7de, 10de.

C Kruger 3de, 9de, 14de, 16de, 17de.

L Fourie 4de, 5de.

A Leonard 6de, 12de, 18de, 20ste.

JJ Swart 8ste, 15de.

P Saal 11de.

H Hitge 19de.

Ope Duiwe

N Stevens (Jnr) 1ste, 2de, 3de, 8ste, 14de, 19de, 20ste.

L Fourie 4de, 6de, 11de.

A Wildschut 5de.

JJ Swart 7de, 12de, 13de.

C Kruger 9de.

H Hitge 10de, 15de.

A Leonard 16de.

P Saal 17de.

N Stevens (Snr) 18de.

Geskarrel is nou agter die rug

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant