Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

Gansbaai Courant

Die suksesvolle grasplantdag wat Maandag, 26 Junie by Gansbaai Primêr in Blompark plaasgevind het, was 'n verdere regmerkie op die skool se “wenslys” vir hul 70ste bestaansjaar.

Die enorme stuk oop grond langs die skoolgebou, so groot soos ‘n rugbyveld, is toegeplant onder gras.

“Dit kan nou as ‘n stoflose speelterrein deur die leerders benut word, asook vir toekomstige sportgronde,” het Neil Pedro, waarnemende skoolhoof  gesê.

“Diè dag kan as ‘n reuse stap in die rigting van die skool se eie sportgronde beskou word, waarna met groot opgewondenheid uitgesien word.”

Die skool beskou dit met groot dankbaarheid teenoor Steyn Muller en Dirkie Kotze van  I&J Perlemoenplaas, asook ander groot rolspelers, as ‘n groot stap in die regte rigting.

Steyn het in sy toespraak gesê borgskappe is altyd ‘n plesier wanneer die doel daarvan in die praktyk gesien word, soos hierdie pragtige grasveld kan getuig.

Nog een van die groot rolspelers in ‘n raadgewende en ondersteunende hoedanigheid, mnr Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit, het die nuwe grasveld as ‘n groot aanwins vir die skool beskou, maar het die belangrikheid van toekomstige onderhoud daarvan beklemtoon.

Rdl Riana de Coning het gesê dat sy mnr Tommy Volkwyn, skoolhoof, se ideaal van groot sport- en speelgronde vir die skool lankal ook haar ideaal gemaak het.

Sy het ook na die deurlopende netheid en goeie vordering van Gansbaai Primêr verwys en gesê dit is altyd ‘n riem onder die hart om daar aan te doen.

Maresa de Villiers het die volgende tydens haar spreekbeurt gesê:

“Be grateful for what you have; work hard for what you don’t have; stop complaining; stop wishing; start working!”

Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant