Bietoubos stigterslid vier 91 mooi jare

Bietoubos stigterslid vier 91 mooi jare

Gansbaai Courant

Glimlag Asjas (foto) nou oor sy ounooi se 91ste verjaardag of is dit eerder oor die moontlikheid van ‘n stukkie verjaardagkoek wat wag?

Betsie van der Merwe van De Kelders het die mooi ouderdom van 91 jaar op 14 Junie vanjaar bereik en ongeag rugprobleme en kleiner kwale van tyd tot tyd, verkeer sy in goeie gesondheid. Sy bestuur  nog self haar bakkie en doen haar eie inkopies.

Betsie is op 14 Junie 1926 in Edenburg in die Vrystaat gebore. Sy het in Lusikisiki in die Transkei grootgeword en verhuis later na Stellenbosch.

Sy woon reeds  die afgelope 26 jaar in Gansbaai en het 3 kinders, 7 kleinkinders en 1 agterkleinkind.

Betsie is ‘n getroue lid van Gansbaai Seniorklub en het veral voorheen byna nie een byeenkoms gemis nie.

Sy was ook ‘n stigterslid van die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai, sowat 24 jaar gelede op 3 Augustus 1993.

Tans is sy die oudste Bietoubos-klublid.

‘n Hoogtepunt vir Betsie gedurende haar 26 jaar hier, was haar eerste walvis-besigtigingsrit op die walvisboot, Dream Catcher van Wilfred Chivell, verlede jaar met haar 90ste verjaardag. “Dit was ‘n ervaring wat my altyd sal by bly, aangesien dit die eerste keer in my lewe op see was,” het sy gesê.

Bietoubos stigterslid vier 91 mooi jare

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant