Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

Gansbaai Courant

17 Gansbaaiers, 2 kleinkinders van Qatar, 2 Ierlanders, 11 Pretorianers, 1 suster van Warmbad (Modimolle) en 5 Langebaners het die afgelope naweek hul ma, ouma en oumagrootjie se 90ste verjaardag in ‘n yskoue, winderige Gansbaai kom vier.

Niks kon egter die vreugde demp vir hierdie familie wat steeds die voorreg het om hul ma by hulle te hê nie.

Ouma Lida sê: “Dit is ‘n groot dag in my lewe wat alleen moontlik gemaak is deur die liewe Heer se onbeskryflike groot genade.  Hy waak elke dag oor my.  Sy liefde is rondom my en Sy arms altyd onder my.”

Ouma Lida stap ook reeds ‘n lang pad met Deon en Linda Kloppers van die o.m.G.e.e. Gemeente in Gansbaai.  Deon was die Hervormde Kerk leraar toe Lida en haar oorlede man, Tienie nog in Groblersdal gewoon het.

Tienie en Lida van Staden was ‘n geliefde egpaar van dié dorp waar hulle vanaf 1965 tot 1997 gewoon het.

Hulle was nóú betrokke by hulle gemeenskap waar hulle ‘n baie suksesvolle boumateriaalonderneming bedryf het, nl Loskop Verf & Hardeware.

Tienie en Lida was ook kranige rolbalspelers en op hul tyd albei presidente van die Groblersdal Rolbalklub, waar hulle ook betrokke was by die bou van die klubhuis.

Die egpaar was albei op die bestuur van die plaaslike noodhulpliga, vir wie Tienie ook ‘n ambulans geskenk het.

Hulle was ‘n tyd lank Groblersdal se burgemeesterspaar en op die bestuur van die Groblersdal Afrikaanse Sakekamer.

Tienie was ook ‘n kranige boot- en diepseehengelaar by die SENTSKI hengelklub.

Die egpaar het ‘n vol en besige lewe gelei.  Tienie is op 87-jarige ouderdom in die gedenkakker van Nylstroom begrawe en die egpaar was 64 jaar lank getroud.

Lida woon die afgelope 2 jaar in Pierre van Ryneveldpark in Pretoria saam met haar kinders, Gawie en Riette Rossouw.

Sy het besluit om hierdie besondere verjaardag in Gansbaai te vier aangesien die meeste van haar nasate nou hier woon.

Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant