‘n Groot voordeel

‘n Groot voordeel

Gansbaai Courant

Niemand sal volledig hieraan kan voldoen nie, maar die hengelaar wat die grootste variëteit ase in sy besit het, sal vir seker die beste kans staan om op die dag die meeste vis te vang. Dis natuurlik ‘n onbegonne taak om selfs net daaraan te dink om so ‘n klomp aas te bekom, maar stel jou net voor jy kan jou hand op die volgende lê: verskeie soorte visase, krewels, wurms,  wit- en swartmossel, rooiaas en sommer van die ander ook - te veel om op te noem. Ook kan die verskillende ase, soos byvoorbeeld rooiaas, op verskeie maniere voorberei word. Na dit van die rotse afgehaal is, of opgetel op die strand waar dit uitgespoel het of uitgeduik dan, soos met die wat lyk asof dit met modder besmet is (baie hengelaars reken dis juis die beste), kan dit op verskeie maniere voorberei word. Jy sal hopelik die volgende rooiaas in jou besit hê - vars, vrot of rypgemaak. Sodoende word jou versameling net meer.

Witmossel weer, kan ook vars gebruik word, of met sout en/of suiker behandel word en ook gedroog word of vars in die dop gebêre in die vrieskas.

Ek het eenkeer raad gekry om die vars mossel met warm water te behandel.

Ek het die goed ongelukkig half gaar gekook en moes dit weggooi. Het dit nooit weer daarna beproef nie! Ook die ander ase kan natuurlik op een of ander manier behandel word. Die idee is om ook oor te hou vir ‘n ander dag. Hou net in gedagte dat die beste aas soms nutteloos is. (Dis juis waarom ‘n verskeidenheid so nuttig is.)

Buiten die groot voordeel van die baie ase kom tegniek ook nog in die prentjie, en die regte hengelaar sal kan toor hiermee.

Wat somtyds lyk na omstandighede om liewer tuis te bly is dalk net wat die vis nodig het om te begin byt. Hengel het juis so ‘n groot aanhang omdat die rou beginner, sonder al hierdie baie ase en wyshede soms al die geluk het. Al wat hy blykbaar nodig gehad het was ‘n lyn, hoek en aas.

Ons het nog nie eens gepraat oor al die groot “lekkerkry” van hengel nie. Boot- en strandhengel het hul eie bekoring, alhoewel met laasgenoemde, vriende en familie die plesier kan meemaak. Met die boot is dit nie altyd moontlik nie.

Dis lekker, dis gesond en dis baie bevredigend. En dis vir jou! Baie groete, Seemeeu

‘n Groot voordeel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant