Beaufort-Wes met noordoos van agter

Beaufort-Wes met noordoos van agter

Gansbaai Courant

Beaufort-Wes was verlede Saterdag aan die beurt en met die noordoos wind van agter het die manne geweet dinge kan net goed verloop vir die duiwe.

Die duiwe is om 09:30 losgelaat en het dadelik koers gekry na Gansbaai. Hoe nader die duiwe aan die Overberg beweeg het, hoe meer het die windrigting verander. Dit het veroorsaak dat die duiwe later ‘n sterk noordweste wind van voor moes trotseer, maar tog het hulle goed gedoen.

Die eerste Jong duif is om 15:01 ingeklok en die eerste Ope duif om 15:08.

Die duiweboer wat die breedste geglimlag het, is A Leonard van Buffeljachts wat sy eerste wedvlug vir 2017 gewen het. Wat sy prestasie des te meer besonders maak, is dat dit ‘n dubbelwen was: Sy Jong duif en sy Ope duif was eerste tuis.

Daardeur het hy aan die 2016 Kampioen, asook die duiweboere van OPU (Overberg Posduif Unie) getoon dat hy nie ‘n katjie is wat sonder handskoene aangepak moet word nie.

Volgende week is Victoria-Wes aan die beurt.

Atman Wildschut

Beaufort-Wes se uitslae van 8 Julie 2017:

Jong Duiwe

  • A Leonard 1ste, 2de, 9de, 10de, 18de
  • H Hitgé 3de, 12de, 13de
  • N Stevens (Jnr) 4de, 11de, 14de
  • N Stevens (Snr) 5de, 20ste
  • JJ Swart 6de, 7de, 15de
  • P Saal 8ste, 16de, 17de
  • L Fourie 19de

Ope Duiwe

  • A Leonard 1ste, 2de, 3de, 13de
  • N Stevens (Jnr) 4de, 6de, 8ste, 12de, 17de, 20ste
  • P Saal 5de, 14de
  • A Vorster 7de
  • JJ Swart 9de, 16de
  • A Scheepers 10de
  • C Kruger 11de
  • H Hitgé 15de, 18de
  • L Fourie 19de
Beaufort-Wes met noordoos van agter

Atman Wildschut

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant