Museum-kuratore vat die boek 'Hans Blits se Snoek en patats' verder

Museum-kuratore vat die boek 'Hans Blits se Snoek en patats' verder

Gansbaai Courant

Hans (Blits) Swart se ongepubliseerde manuskrip, Snoek en patats, is deur Jan en SD Fourie van Franskraal, kuratore van die Strandveld Museum in Franskraal, onder oë gekry en net daar het hulle ingewortelde skrywers-instink die oorhand gekry.

“Die manuskrip dateer uit ‘n vergange era  van Napier en omgewing en het veral Jan, ‘n boorling van Napier, se hartsnare geraak,” vertel SD. “Hans se dogter, Barbara Swart van Hermanus, het in 2015 ‘n huisorreltjie aan die Strandveld Museum geskenk en terwyl ons oor die oorsprong van die orreltjie gesels het, vertel sy toe van haar pa, Hans Blits Swart se ongepubliseerde manuskrip en gee dit vir ons om te lees.”

Die Fourie egpaar het daar en dan besluit diè kosbare kultuurjuweeltjie moet eenvoudig gepubliseer word. Hans se kinders, Barbara, Tana, Mariana en Hans het die manuskrip goedgunstiglik beskikbaar gestel, maar die inligting op sy eie was te min om in boekvorm te verwerk.

SD vertel dat hulle van haar en Jan se eie werke met betrekking tot Napier en omgewing as toevoeging gebruik het, vandaar die naam Hans Blits se Snoek en patats en ander Napierstories.

So het Jan en SD Fourie se soveelste gesamentlike boek die lig gesien.

SD verwoord Jan se liefde vir Napier op kosbare wyse in haar Voorwoord:

“Napier is Jan se hinterland – deel van sy onverganklike kleintyd-herinneringe. Sy komvandaan plek.”

Koerantjoernalis, Gerrit Cloete van Franskraal, beskryf Jan en SD as meesters van die vertelkuns in keurige Afrikaans in sy commendatio op die boek se agterblad. “Hans (Blits) Swart se jeugherinneringe vertel ‘n kleurryke storie van plase met singende name soos Bloubokkiesfontein en karakters soos Jan Oukop en Koos Dwerg, asook oor kattekwaad en ou gebruike en rituele, wat alles aangevul word met die twee getoë Strandvelders, Jan en SD Fourie se bydraes wat die boek saamgestel het.”

Hans Blits is in 1918 gebore en sou dus volgende jaar 100 jaar oud wees.

Die bynaam Blits is aan hom toegedig omdat hy ‘n blitsige rugbyspeler was.

Om die soort inligting wat hy sorgvuldig neergepen het en deur Jan en SD in 13 kleurryke hoofstukke verwerk is, weer te lees, is ‘n genoeglike ervaring.

Op bladsy 23 word spoggerig na Napier verwys as diè dorp in die omgewing, met selfs ‘n eie “Shopping Mall”!

Die naam, A. Newmark Ltd. Direct Importers, was in groot sierletters in kleur op die dubbelverdiepinggebou in die hoofstraat geskilder. Standard Bank en die poskantoor was ook daar gehuisves en die Newmarks het reeds in 1904 ‘n spoeltoilet gehad.

Die boek is by die Strandveld Museum teen R100 per eksemplaar beskikbaar.

Museum-kuratore vat die boek 'Hans Blits se Snoek en patats' verder

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant