Ons liedjieboer trou

Ons liedjieboer trou

Gansbaai Courant

Dit is al ‘n bietjie ou nuus, maar ‘n mooi liefdesverhaal raak mos nooit oud nie.

Ons dorp se pragtige Estie Geldenhuys het sowat 8 jaar gelede haar liefde gevind by ons land se verweerde ou rocker en bekende liedjieboer, Anton Goosen - en dié se hart het tot rus gekom by hierdie kosbare, jong sielsgenoot-meisiekind van Gansbaai.

Hoewel Estie ‘n getoë Gansbaaier is, het sy en haar ma vir ‘n tyd lank in Bloemfontein gewoon. Na skool is Estie 2 jaar Londen toe en dit is na ‘n vertoning van Aardvark waar haar en Anton se gesels begin het, toe haar vriendin ‘n CD by hom gaan koop het.

Hy het gehoor Estie is van sy dorp en haar pa is Pikkedou (Chris Geldenhuys) - en met ‘n “Jissou, ek koop vis by hom, ek sal vir hom groete stuur,” het ‘n whatsapp-dankie gevolg en hul gesels het nooit weer opgehou nie.

Pas terug uit Londen, het sy hom een aand vanuit ‘n restaurant in die hawe ge’whatsapp’.

In sy dikmuurhuis wat oor die hawe uitkyk, het hy spesiaal vir haar ‘n liggie in die venster gesit.  Hierdie man wat sy ken, maar nooit weer gesien het na sy vertoning in Londen nie.

Die dikmuurhuis het ook Estie s’n geword.

Dit het lank geneem voor Anton die ja-woord gevra het, maar dit was onverwags en hy moes 3 keer vra voor Estie gesien het dat hy regtig ernstig is. Almal ken al die storie dat sy net gedink het hy was op ‘n ‘high’ na ‘n suksesvolle konsert.

Almal wat ‘n probleem gehad het met die ouderdomsgaping, het al lankal daaroor gekom, want “As mens gelukkig is, is mens gelukkig. Liefde het nie grense nie,” het almal wat wou weet al by Anton gehoor.

Die groot vraag was net: Wanneer kom die troudag dan?

Dit gebeur toe. Net so 10km buite Stanford in die Akkedisbergpas het Anton en Estie se familie en vriende onder 2 eikebome, midde in Junie van 2017 bymekaar gekom om hul liefde aan mekaar te bevestig.

Estie het pragtig gelyk en Anton was sy gemaklike self. Hulle was omring deur musiekvriende en familie.

Terwyl al die Gansbaaiers om die bruid skarrel om haar gereed te kry vir haar mooiste dag, het Dozi in haar kamer kom sit - kaalvoet - en vir haar ‘n liedjie kom sing.

Blixem Produksies het die trouvideo gemaak en  ons dorp se eie fotograaf, Jeanre du Plessis het die mooiste oomblikke van die dag vasgevang.

Op die nuwe liedjie van Gian Groen ‘Outydse liefde’ het die bruid se ma met haar die paadjie afgestap. Anton het spontaan begin hande klap toe hy sy bruid die eerste keer sien. 

Aan sy sy was sy strooijonkers Gian Groen en Peter Pearlson. Pastoor Frikkie Zeelie het die huwelik voltrek.

Dit was ‘n besondere wintersdag omring met musiek vriende wat elkeen ‘n liedjie aan die bruidspaar opgedra het. Onder die bekendes was David Kramer, Valiant Swart, Charles Schmidt van Beeskraal, André Swiegers (wat Estie beskryf as “’n sagte klein windjie, veertjie, blaartjie en sy soek nie moeilikheid nie - she’s a breeze”), Riku en Jacki Lätti, Schalk Joubert en Vicky Davis, Albert Frost, Albert du Plessis (Rhythm Records), Lise Swart, Lydia Winchester, Rudi en Arthur (Akkedis).

Estie vertel dat haar Gansbaai-ondersteuningspan net weer bewys het dat “local lekker is - hulle was fantasties” en sy sê weer ‘n keer “baie, baie dankie!”

Hester Smith het nie net die spyseniering en blomme gedoen nie, maar die liefde en verrasings wat daarmee gepaard gegaan het, sal Anton en Estie altyd bybly.

Amorette Balie Groenewald het Estie grimeer, Duane het haar hare gedoen en Adrie Nigrini het haar naels versorg en vir allerlei ekstratjies gesorg.

Na die fotosessie het Anton sy bruid op ‘n geroeste kruiwa die saal ingestoot terwyl sy nuwe liedjie ‘Geroeste kruiwa’ speel.

Dit was voorwaar die makietie van die jaar - hoewel dit doodstil gehou is - hier in ons pragtige Overstrand!

Soos iemand op Facebook opgemerk het:

“Happiness suits you, Anton.”

Ons liedjieboer trou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant