Spinnekop

Spinnekop

Gansbaai Courant

Kyk maar mooi, minstens een van die manne op die boot sal so iets, of een of ander patent soortgelyks, aan boord hê. Tussen die ander stokke sal jy hom gewaar, so ‘n pieperige visstokkie, wat lyk asof dit nie juis aan boord hoort nie en asof dit in elk geval geen vis sal kan hanteer nie.

Vra bietjie waar pas hy in en heel trots sal die eienaar daarvan vir jou sê dat sy naam iets soos Spinnekop is en dat hierdie stokkie ‘n spesiale doel het en dat jy later sal sien wat dit is. So gaan julle maar aan en een of ander tyd hou die vis op met byt en dis juis dan wanneer daar met ‘n plan B vorendag gekom word. Groter, of kleiner hoeke, lyne wat anders opgemaak is, ase tot nog toe nie gebruik nie, swaarder sinkers (of selfs ‘n glysinker?) en indien al hierdie goed nie werk nie, dan kom plan C vorendag. Dit weer behels enigiets wat daardie besonderse dag nog nie probeer is nie, en dit kan enigiets beteken.

Dis dan wanneer Spinnekop in die prentjie kom! So terloops word hierdie verskoning van ‘n stokkie uitgegrawe en voorberei om sy ding te doen. Normaalweg beteken dit ‘n baie ligte lyntjie en indien moontlik, geen sinker nie. Dan word die asie, deur middel van die koffiemeultjie, so ‘n meter of wat see-in geslinger. Die seestroom maak nogal saak, want hierdie lyntjie moet niemand hinder nie en sy werk is om verkenning te doen. Die asie gaan daar rondbeweeg en glo my, indien daar iets rondswem sal Spinnekop sorg dat die asie aantreklik genoeg lyk vir ‘n ordentlike byt. As die vis eers aan die loop gaan sal hierdie kombinasaie verseker dat jy die prys kry vir “sports van die dag”. Moet nie ‘n fout maak nie, Spinnekop is nie beperk tot net ‘n klein hoekie en dalk ‘n ertjiepit-sinkertjie nie. Dis die voorkeur keuse ja, maar netsowel kan van ‘n groterige sinker en groter hoek gebruik gemaak word en as daai lyntjie eers afgesak het moet jy jou maar voorberei vir die onverwagte. Met die regte tegniek kort dit mooi werk en die satisfaksie wanneer jy ‘n ordentlike vis in die boot lig is wat alles die moeite werd maak. Hierdie stokkie is vir seker mossie maar man.

Soos Spinnekop is daar ook talle ander tegnieke en voorbeelde wat gebruik kan word wanneer jy so bietjie oemf nodig het en die tyd ryp is vir ‘n nuwe gedagte. Dis in elk  geval altyd ‘n goeie idee om te eksperimenteer - daardie onverwagte resultate is iets om na uit te sien.

Lekker vang. Baie groete, Seemeeu

Spinnekop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant