Atlete vir Christus

Atlete vir Christus

Gansbaai Courant

“Atlete vir Christus 2017” het onlangs vanaf die Universiteit van Stellenbosch na Pearly Beach NG-gemeente gedraf om hul evangelie-boodskap daar uit te bring.

Die groep, onder leiding van hul “toerpa”, ds Frankie Gerber, ‘n leraar van Ceres-vallei, is ‘n diverse groep vrywillige studente. Hulle bestaan uit 10 atlete, ‘n sang-groep van 10 lede en 3 werkers. Dit is ‘n tradisieryke aksie wat al vir meer as 40 jaar tydens die Junie/Julie vakansies in verskeie dorpe  optree om fondse vir die bediening aan gevangenes in te samel.

“Hierdie groep vrywillige studente is ware ambassadeurs vir die Koninkryk van Christus,” het ds Gerber gesê. “Hulle hardloop, sing, gesels, getuig en leef Jesus Christus!”

Ds Gerber is self ‘n oud-atleet wat in 1977 deel was van “Atlete vir Christus” se toer- en drafgeselskap tussen Stellenbosch en Ladysmith (KwaZulu-Natal).

Tydens die byeenkoms in Pearly Beach, het drie almamaters van die Universiteit van Stellenbosch se Teologiese Fakulteit, wat in 1981 saam afstudeer het, mekaar weer ontmoet vir ‘n gesellige saamkuier. Hulle is ds Frankie Gerber, toerleier van die besoekers, emeritus predikant van Pearly Beach, ds Hennie Basson en ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente.

Die jaarlikse doelwit van die groepe is om minstens R50 000 in te samel vir die evangelisasiewerk wat Bybel-media Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse gevangenisse doen.

Atlete vir Christus

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant