'Bennie se Rooi Lorrie" lei tot gesprekke oor landsgrense heen.

'Bennie se Rooi Lorrie" lei tot gesprekke oor landsgrense heen.

Gansbaai Courant

‘n Verweerde Namibiese naambordjie wat al 3 jaar lank in Baardskeerdersbos se bekende Marietjie’s Pub & Grill staanplek gekry het, het hierdie week nie net die sosiale media aan die praat gehad nie, maar ook ‘n sakeman van Gansbaai genoop om die saak onder die aandag van die media te bring.

Die bordjie ‘Bennie se Rooi Lorrie’, wat ‘n bekende hengelplek in Namibië aandui, is vervang deur ‘n nuwe nasionale padbord, maar die bordjie in Baardskeerdersbos het mense aan die praat: van Pretoria tot in Hentiesbaai.

“Die Namibiërs wil hulle naambord terughê”, skryf ‘n vrou op Facebook.

‘n Plaaslike sakeman, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het Gansbaai Courant besoek en die erns van die ‘gesteelde’ bord aan die Courant kom verduidelik.

Hy sê die ‘Rooi Lorrie’-bordjie is ‘n nasionale trofee en dat dit Gansbaai in ‘n baie slegte lig stel wanneer die Namibiërs hier, in die toeristemekka van die haaibedryf, kom kuier en ‘hulle’ bordjie hang in ‘ons’ kroeg.

Hy beweer die Namibiërs sien Suid-Afrikaners as trofeejagters en voel dat dit die regte ding sal wees as die bordjie teruggaan Hentiesbaai toe. “Dit hoort in ‘n museum”.

Die vrou wat dit haar taak gemaak het om die bordjie terug te besorg aan Hentiesbaai Munisipaliteit, Isabelle van der Schyff van Pretoria, skryf op Facebook: “So eie as wat snoek aan die Kaap is, so eie is die hengelplek ‘Bennie se Rooi Lorrie’ aan Namibië”.

Toe sy Marietjie Uys Dinsdagoggend skakel om vervoerreëlings te tref vir ‘Bennie se Rooi Lorrie’, was Marietjie oorbluf.

Sy vertel dat ‘n baie goeie Namibiese vriend van haar, sowat 3 jaar gelede die bordjie daar aangebring het.

Die vriend, Iggie Maritz vang gereeld vis in die omgewing van Oom Bennie se Rooi Lorrie en hy het op ‘n dag gesien die paal met die naambordjie lê in die sand.  Hy het dit staan gemaak, maar toe hy die tweede keer verbyry en sien dat die paal weer plat lê en die bordjie besig is om tot niet te gaan, het hy dit afgehaal en saamgebring Pearly Beach toe, waar hy ‘n vakansiehuis het.

Hy het gereken dat die bordjie baie meer betekenis sou hê in Baardskeerdersbos se Marietjie’s Pub & Grill, waar baie hengelaars kuier wat graag in Hentiesbaai visvang.

En so eie as wat Marietjies Pub aan Baardskeerdersbos is, so eie het die ou bordjie al geraak aan die interieur van die gewilde kuierplek, sowat 20km vanaf Gansbaai.

Skynbaar het iemand onlangs by Marietjie’s gekuier, die bordjie opgemerk, afgeneem en op Facebook geplaas.

“’n Skinderkoerant” is Marietjie se naam vir Facebook - wat sy nie lees nie - want toe Isabelle van der Schyf haar Dinsdagoggend vanuit Pretoria skakel en haar meedeel dat die Hentiesbaaiers hulle beroemde bordjie wil terug hê, was sy heeltemal onbewus van die debat wat dit in beide lande ontketen het.

Die gesprek op Faceboek en die trant waarop die sakeman die bordjie wil laat teruggaan Namibië toe, is gemoedelik en hulle voel dit kan ‘n pragtige storie raak tussen die 2 buurlande - byna soos ‘n handelsooreenkoms.

Marietjie vertel Dinsdagmiddag, waar sy ontspan voor die gesellige vuurherd in haar restaurant na ‘n lang skof, dat sy nie omgee dat die bordjie teruggaan nie.

Sy voel egter dit was ‘n geskenk van ‘n vriend en dat dit skynbaar ook nie die oorspronklike bord is nie.

“’n Ou van Struisbaai sê dis sy bord en iemand het hom uit sy kroeg gesteel. 

Ek is bereid om die bord terug te gee as daar ‘n museum is.

Ek was nog nooit f*#**n in Hentiesbaai nie. 

Enigiemand wat die bord wil hê kan my kom haal en ek sal dit gaan oorhandig - solank daar ‘n museum in Hentiesbaai is.”

Marietjie voel die bord word goed bewaar en dat dit gereeld ‘n aanknopingspunt is vir gesprekke tussen hengelaars en toeriste.

“Daar is nou weer ‘n klomp van Papiesvlei se mense Henties toe.”

Marietjie’s Pub is eerder ‘n advertensie vir Hentiesbaai as hengelparadys. Sy wonder net wat gaan van die bedryf word noudat die hengelpermittariewe die hoogte in geskiet het.

'Bennie se Rooi Lorrie" lei tot gesprekke oor landsgrense heen.

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant