Geliefde Fritz Swanepoel se 'Laaste Koebaai'

Geliefde Fritz Swanepoel se 'Laaste Koebaai'

Gansbaai Courant

My hart is flenters…

Liewe Jesus het besluit hy het my pragtige Engel nodiger as ek! Ek is dankbaar dat ek sy hand kon vashou tot die laaste asemteug… die laaste hartklop! Nou is ek oppad na ons veilige hawe... Waar ons ‘kinders’ my kan troos en ons Mamma my styf kan vashou.”

Dit is die hartseer woorde van Cisca Swanepoel, eienaar van Die Seemans Taphuis na haar man, Fritz se afsterwe Maandag, 14 Augustus in die Harry Surtie Hospitaal in Upington.

Volgens vriende het die paartjie ‘n gewilde tatoeëer-stalletjie by die jaarlikse Gemsbok Motorfietsrally bedryf, toe Fritz einde Julie in die hospitaal beland het, vermoedelik weens ‘n griepvirus.

Hy het vir bykans 3 weke om sy lewe geveg. In dié tyd het hy in ‘n koma verval en was Maandag te swak vir ‘n operasie wat dokters op hom wou uitvoer. Hy is dieselfde dag oorlede.

Die gelukkig getroude egpaar van Baardskeerdersbos was in Februarie vanjaar 6 jaar getroud.  

Fritz het in Augustus 2016 ‘n Facebook-boodskap op sy persoonlike profiel afgesluit met dié woorde: 

“Besef vandag opnuut dat sonder God in jou lewe, alles eintlik ‘n sinnelose gejaag na wind is. Ons hou ons besig met soveel dinge wat geen ewigheidswaarde het nie, terwyl ons eintlik moet voorberei vir ‘n ewigheidslewe saam in die hemel. So, kom ons koop die tyd uit, want tyd is die een ding wat ons nooit weer terug kan kry as dit eers verby is nie...”

Fritz se ‘Laaste Koebaai’ vind Maandag, 21 Augustus 2017 om 11:00 plaas vanuit die AGS kerk in Gansbaai.

Cisca se vriende staan saam om haar finansieel by te staan met die groot  en onverwagse uitgawes.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan dit in die volgende rekening inbetaal: 

F Otto, Nedbank Takkode: 182 005 Tjekrekeningnommer: 107 420 1957

Geliefde Fritz Swanepoel se 'Laaste Koebaai'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant