Ouma Anna Hill vier 90 jaar

Ouma Anna Hill vier 90 jaar

Gansbaai Courant

Ouma Anna Hill van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se 3 seuns het seker gemaak dat haar 90ste verjaardag, wat Donderdag 3 Augustus plaasgevind het, met groot vreugde gevier word.

Tim, Henry en Adriaan het het ‘n gesellige verjaardagpartytjie saam met haar vriende en vriendinne by HaS aangebied.

Tim vertel dat sy ma, nà die geboorte van haar eerste kind, haar hele lewe deur ‘n toegewyde moeder en huisvrou was.

“Waar sy haarself ookal bevind het, was sy aktief by die kerk se vroueverenigings betrokke en het net so hard op liefdadigheids- en gemeenskapswerk gefokus,” het Tim gesê, “Gedurende die laaste 26 jaar het sy saam met ‘n naaldwerkgroep talle gemeenskapsprojekte aangepak.”

Ouma Anna is reeds vir die afgelope 36 jaar (1981 tot 2017) woonagtig in Gansbaai en is sedert November 2015 ‘n inwoner van HaS.

Ouma Anna het haar jongmenslewe in Kimberley in die Noord-Kaap deurgebring, waar sy as Anna Maria Susanna Jacoba Hoffman gebore is in 1927.

Ouma Anna is in 1947 met Adriaan Paulus Hill getroud, wat haar 42 later in 1989 ontval het.

Timothy (69), Henry Solomon (66) en Adriaan Paulus (56) is uit die huwelik gebore. 

Ouma Anna spog ook met 4 kleinkinders en 4 agter-kleinkinders.

Ouma Anna Hill vier 90 jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant