Engele vir Kersfees

Engele vir Kersfees

Gansbaai Courant

Die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai het hul byeenkoms van 11 Julie 2017 effe aangepas ter wille van ‘n geliefde gemeenskapslid, Nellie Matthee se afsterwe op 4 Julie vanjaar.

“Ondanks die hartseer, was dit nie nodig vir die dames om sonder ‘n interessante aktiwiteit huis toe te gaan nie,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Met ons Kersfees-in-die-winter tema het Anita Huisamen ‘n paar demonstrasies gegee van hoe ‘n mens engele vir ‘n Kersboom kan maak.”

Elizma vertel dat ‘n paar ander “menslike engele” vir smaaklike gevulde pannekoeke gesorg het en die Bietoubossers kon steeds gesellig saamkuier.

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is 12 September en Riaan Jacobs van Gansbaai Fotografieklub gaan sy fotografiekennis met die dames deel.

“Ervaar julle ook soms enersyds ‘n gevoel van magteloosheid of andersyds ‘n behoefte om sommer  fisies èn geestelik te toi-toi by die aanhoor van al die negatiewe berigte oor rasse-haat, bedrog, korrupsie en magsbeheptheid?”, het Elizma in die klub se nuusbrief gevra, en sy haal Damian Lewis se woorde vir ‘n ander perspektief aan:

Al wat jy moet probeer doen, is om eerbaar op te tree. As jy kan. Deurgaans.

Engele vir Kersfees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant