BARC verkry grond vir 10 hokke

BARC verkry grond vir 10 hokke

Gansbaai Courant

Moeilike ekonomiese omstandighede lei daartoe dat al hoe meer honde-eienaars nie meer kan bekostig om hulle honde te versorg nie.

Baie mense verhuis ook na kleiner plekkies en is genoop om hul honde na BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) te neem vir huisvesting.

“Daar is nou so baie diere dat daar in sommige hokke tot 3 honde geplaas word,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Ons benodig dus dringend addisionele hondehokke.”

Hierdie ernstige probleem is gedeeltelik opgelos deurdat Gansbaai munisipaliteit goedgunstiglik bykomende grond, direk agter die bestaande hokke, aan BARC beskikbaar gestel het. Die grond maak voorsiening vir die bou van 10 addisionele hondehokke.

Die goedgekeurde planne vir die hokke is gratis deur Johan Gericke opgetrek.

Kwotasies vir die boukoste beloop sowat R80 000.

Annalie sê daar is reeds R30 000 beskikbaar wat met fondsinsamelings bekom is, maar die balans van R50 000 moet nog ingesamel word.

“Ons is in ‘n proses om instansies te nader vir die borg van ‘n hok teen R5 000,” het Annalie gesê.

“Daar sal dan ‘n naamplaatjie van die borg voor op die hok aangebring word as erkenning vir die borgskap.”

Dan is daar ook geleentheid vir belangstellendes om selfs so min as R100 per baksteen te borg, of om enige ander finansiële bydrae tot die bouprojek te lewer.

‘n Vriendelike beroep word op die gemeenskap en sakelui gedoen om hierdie projek te ondersteun. BARC se bestuur beoog om die bouwerk voor die Desembervakansie te voltooi. Sodoende sal daar dan ook meer “losieshonde” vir die vakansie gehuisves kan word, wat weer ‘n bykomende inkomste vir BARC sal wees.

Vir die borg van ‘n hok of ‘n baksteen of ander finansiële bydraes, kan Annalie Jonker by 082 826 0631 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by maynestay@axxess. co.za.

Bydraes kan ook direk in BARC se bankrekening in-betaal word. Meld net instansie of naam en van, asook die woord “Bouprojek”.

Die bankbesonderhede is: BARC; Nedbank Gansbaai; Takkode 147005; Spaarrekening; Rekeningnommer 1498 103 006.

BARC verkry grond vir 10 hokke

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant