Desert Diamond gooi anker

Desert Diamond gooi anker

Gansbaai Courant

Die enorme Fish Factory Ship, die Desert Diamond, wat Vrydag, 18 Augustus 2017 buite Gansbaai hawe gelê het, het die oë behoorlik laat rek.

Die enorme boot het stil-stil tot naby die nuwe hawe gevaar, waar anker gegooi is.

Twee bemanningslede, Eerste Offisier Eugene Bergans en Bevare Seeman Morné Engelbrecht, het met ‘n motorbootjie aan wal gegaan, waar hulle met Gansbaai Courant gesels het.

Die Desert Diamond behoort aan die Oceana Group, wat die grootste vismaatskappy in Afrika is.  Die groep is gelys op die Johannesburg (JSE) en Namibiese (NSX) aandelebeurse.

Die boot is in 1990 gebou en vaar tans onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse landsvlag.

Dit is 120m in lengte en 19m in breedte, met ‘n bruto tonnemaat van 7 627 en ‘n netto tonnemaat van 2 288. Haar diepgang (draught) is 6.67m en haar dravermoë (deadweight) is 3 372 ton.

Die Oceana Group verskaf werk aan sowat 5 690 werkers, waarvan 4 473 permanente werkers is en 1 217 deeltydse werkers.

In 2014 en 2015 is die maatskappy as die mees bemagtigde JSE-gelyste maatskappy in Suid-Afrika aangewys en in 2013 en 2016 as die tweede mees bemagtigde maatskappy.

Hulle hoofbesigheid is visvang, prosessering, bemarking en verspreiding van geblikte vis, vismeel, visolie, kreef, maasbankers, pylinkvis en stokvis.

Die meerderheid verkope is van Suid-Afrika en Namibië, gevolg deur Suidelike Afrika, Wes-Afrika en ander lande.

Die maatskappy is daartoe verbind om verantwoordelike visvangpraktyk te handhaaf en is ‘n stigterslid van die Responsible Fisheries Alliance (RFA). Hulle is ook in vennootskap met ander eko- en bewaringsorganisasies.

Desert Diamond gooi anker

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant