Wenmotor ry ver weg

Wenmotor ry ver weg

Gansbaai Courant

Die wenner van die Hyundai Grand i10 1.2 wat onlangs as prys aangebied is vir Gansbaai Superspargroep se kliënte, het al die pad van Johannesburg gevlieg om verlede Saterdag hierdie groot prys in ontvangs te kom neem.

Suretha le Grange en haar man besit ‘n vakansiehuis in De Kelders en vandaar die inskrywing by Gansbaai Superspar wat aan haar ‘n splinternuwe motortjie besorg het.

Suretha, die ma van 4 kinders en ‘n oud-Kapenaar is ‘n uitgetrede beroepsvrou en woon saam met haar man in Johannesburg.

Die motor moes sy staal alreeds met die eerste rit bewys, deurdat Suretha dadelik die pad teruggeneem het Gauteng toe.

“Ek is baie opgewonde oor hierdie groot prys en het spesiaal van Johannesburg af gevlieg en gaan direk daarheen terugry met my blinknuwe motor,” het ‘n opgewonde Suretha gesê.

“Ek slaap gelukkig twee plekke oor en kan dus rustig terugry.”

Suretha was een van vyf finaliste in Gansbaai Superspar-groep se motorkompetisie.

De Wet van Niekerk, mede-eienaar van Gansbaai Superspar, het gesorg vir nie-alkoholiese sjampanje en die kurkprop is onder luide toejuiging van personeellede laat klap, waarna die motorsleutels aan Suretha oorhandig is.

Die kompetisie is geloods deur die volgende groep winkels wat aan dieselfde groep behoort: Gansbaai Superspar, Bredasdorp Superspar, Kleinmond Superspar, Gateway Superspar in Hermanus en Eastcliff Kwikspar.

Wenmotor ry ver weg

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant