Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

Gansbaai Courant

Dit is walvistyd in die Overstrand-gebied en verlede Sondag se pragtige, windlose weer het mense van heinde en ver na Gansbaai gelok om die natuurskoon te  geniet.

Mense was oraloor te sien: op die goed versorgde wandelroetes by De Kelders; die wat meer waaghalsig is, het oor die rotse geklouter en die grotte besoek;  dan was daar dié wat net die prag en rustigheid van die natuur wou indrink.

Hulle het hulself tuis gemaak op die sementbankies wat die munisipaliteit oraloor by uitkykpunte staan gemaak het.

Die walvisse het nie teleurgestel nie en gesorg vir ‘n deurlopende skouspel wat soms ‘n koor van krete aangewakker het vanuit Coffee on the Rocks se rigting.

Die manne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ook van vroeg Sondagoggend af heelwat opwinding beleef, toe ‘n walvis 2 keer gesig gewys het waar hul reddingstuie op die see gedobber het.

Hulle was kort voor die ontmoeting met die reus van die see, besig met roetine oefeninge en het die reddingstuig ‘South Star’ vir ‘n toetsrit geneem.

Albei vaartuie se enjins was afgeskakel toe ‘n Southern Right walvis nuuskierig kom ondersoek instel het na die vaartuie.

Hy het die manne verras en onderdeur ‘Jaytee III’ se boeg deurgeskuur en verdwyn.

Later die dag, omstreeks 12:00 het die bemanning hulle na Kleinmond gehaas waar verskeie ooggetuies laat weet het dat ‘n walvis aan sy stertkant verstrengel is tussen ‘n boei en ‘n stuk tou. 

Met hul aankoms tussen Palmiet en Kleinmond, het hulle sowat 50m die see in die 12m lange walvis aangetref.

Hulle het die walvis aan die reddingstuig ‘Jaytee III’ vasgemaak en die dier bevry met spesiale toerusting, in die bedryf bekend as die SA Whale Disentanglement Network (SAWDN).

Die walvis is omstreeks 14:00 bevry en kon in ‘n kalm see wegswem - op die oog af sonder beserings.

Jaytee III se bemanningslede was Jean le Roux, Alwyn Geldenhuys en Andre Barnard.

Die span is bygestaan deur die bemanningslede van die  ‘South Star’: Deon Langenhoven, James Janse van Rensburg, Bennett’s Coetzee en Charl Henn. 

Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant