Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

Gansbaai Courant

Patrollielede van Franskraal Buurtwag het pas opleiding ontvang soos voorgeskryf deur die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid.

Die opleidingsessie het op 15 en 16 Augustus 2017 in die buurtwag se beheerlokaal plaasgevind.

“Die kursusaanbieder, Clifton Swartz, het die 22 patrollielede,  wat hul dae en nagte opoffer om Franskraal ‘n veiliger omgewing te maak, met verskeie veiligheidsaspekte tydens die kursus toegerus,” sê Annaleen Genade, sekretaresse van die buurtwag.

Sake soos sekuriteitspunte en probleemoplossings is breedvoerig bespreek. Clifton het die lede ook aangespoor om positief te bly en om goeie kommunikasie tussen die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) en Gansbaai SAPD te handhaaf.

Die kursus is Maandag, 21 Augustus met ‘n spanbou “Dinkskrum” opgevolg.

Tydens die spanbou-byeenkoms is Franskraal se probleemareas uitgelig en moontlike oplossings is bespreek om uitvoering daaraan te kan gee.

Annaleen sê Franskraal Buurtwag se bestuur is baie dankbaar teenoor alle inwoners wat hulle ondersteun en het gemeld dat die ledetal steeds aan die styg is.

Belangstellende inwoners wat deel van Franskraal Buurtwag wil wees, kan die voorsitter, Willem van der Merwe, skakel by 083 791 8497.

Franskraal Buurtwag se beheerkamer kan op die hoek van Ross- en Loopstraat,  Franskraalstrand besoek word.

Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant