Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

Gansbaai Courant

Een keer ‘n week kom ‘n groep vlytige hekelentoesiaste by Hot Coffee in die Proteasentrum byeen.  Dan word daar ‘hekel’ gepraat, wenke uitgeruil en die vrouens leer allerlei tegnieke by mekaar aan.

Rita Delport is een van hierdie vroue.  Sy is ook ‘n VLV-lid wat werk aan dié organisasie se uitreikprojek vir 2017, nl vroetelkombersies.

Rita het Lynn Burger onlangs tydens een van die byeenkomste by dié koffiewinkel ontmoet en toe sy hoor Lynn se mammie, tannie Joey Nell, ly aan Altzheimers en dat sy eersdaags haar 90ste verjaardag sou vier, het sy daar en dan aangebied om vir haar ‘n vroetelkombersie te maak.

 “Dit was ‘n belofte met deernis gemaak wat nagekom móés word” sê Rita.  “Ek moes maar my naaimasjien afstof en skouer aan die wiel sit. 

Rita is vroeër die maand na tannie Joey se 90ste verjaardagviering genooi en sê:  “Tannie Joey is ‘n pragtige tannie. Die verhouding tussen ma en dogter skyn helder. 

Dit was ‘n voorreg om die Burger-egpaar en Tannie Joey te ontmoet en die oggend saam te kon deurbring.”

Eva Bucher en Daleen Jooste het die partytjietafel met sorg gedek en tannie Joey ‘mooi gemaak’.

Judith Coetzee het gesorg vir die prentjiemooi koek en Tannie Joey se verjaardag-viering by Huis Breda, waar sy sedert Februarie vanjaar woon, was ‘n besondere geleentheid.

Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant