Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

Gansbaai Courant

Soos wat VLV-takke jaarliks landwyd ‘n jaartema het, so belê elke tak ook tyd en liefde aan ‘n vrywillige en gratis gemeenskapsprojek.

Die 2017 jaartema is ‘Aanpasbare Vroue’.  Die plaaslike takvoorsitster, Rienie Ludick het na aanleiding van haar niggie se hart- en handewerk, besluit om vroetelkombersies vir Alzheimer pasiënte as Gansbaai-tak se jaarprojek te registreer.

Haar niggie wat in Vredenburg woon, maak kleurvolle skootkombersies en werk allerlei veilige vroetelgoete daaraan vas. 

So het vroetelkombersies ‘n gewilde geskenk geword om Alzheimer en Parkinson’s pasiënte se hande besig te hou, terwyl dit ter selfdertyd goed is vir breinstimulering.

Dit is ‘n duur projek, maar soos Rienie sê: “Dit is ‘n liefdestaak en daar is ‘n groot behoefte hieraan vir die pasiënte.”

Die kombersies sal later vanjaar aan pasiënte van die Elder Care Place in Hermanus geskenk word. 

Dit word egter ook geskenk soos wat ‘n geleentheid voorkom en so word die kombersies dwarsdeur die jaar volgens behoefte geskenk. 

 “Ons wil graag uitreik na Gansbaai se aanpasbare vroue om met ons hande te neem en sodoende weer hiermee uit te reik na ons gemeenskap.   Liefde, omgee en uitreik het nie 'n prys nie, maar bêre ewige skatte in harte. 

Sekere dinge verander nooit met tyd. Tyd herhaal homself net – so sal ons uitreik na ander altyd relevant bly,” gesels die VLV vrou met die groot hart.

Indien jy meer wil uitvind skakel gerus: Rienie Ludick (028 384 1170-huis) of (081 443 8248-sel).

Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant