'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

Gansbaai Courant

n Vet Namibiese galjoen en ‘n bottel B’bos witblits het die uitruiltransaksie beklink om die veelbesproke naambord ‘Bennie se Rooi Lorrie’ weer op sy plek in die woestynsand by Hentiesbaai staan te maak.  (Voorbladberig: Gansbaai Courant, 17 Augustus 2017)

‘n Man van Hentiesbaai, Boela Diedericks het Marietjie Uys van die bekende Marietjie’s Pub & Grill in Baardskeerdersbos verlede week geskakel en gesê hy sal die bordjie  kom haal en weer op sy oorspronklike staanplek loop plant.

Al wat hy vir sy moeite wil hê, is Baardskeerdersbos se bekende witblits wat van suiwer hanepootdruiwe gemaak word.

In ruil daarvoor bring hy vir Marietjie ‘n ordentlike, vet Hentiesbaaise galjoen saam.

Marietjie vertel dat sy nie lus is vir die stories op die ‘skinderkoerant’ Faceboek nie.  Al wat sy wil doen, is lekker kosmaak.  

Dit is hoekom sy ‘n eetplek oopgemaak het.   Sy hou van kook en sy hou van plesierige mense.

Gedurende die week wat ‘Bennie se Rooi Lorrie’ bordjie so ter sprake was, skakel ‘n baie hartseer vrou (wie se naam nie bekend is nie) haar (Marietjie) en vertel dat sy haar oorlede pa se as 2 jaar gelede onder die bekende bordjie gestrooi het.

Marietjie het maar net gesimpatiseer, want die bordjie wat in haar restaurant staan, het reeds sy pad 3 jaar gelede daarheen gevind.

Die hele petalje het gemaak dat Marietjie begin wonder het wat die oorsprong van die pleknaam ‘Bennie se Rooi Lorrie’ dan is.

Dit blyk dat ‘n man, genaamd Bennie met ‘n rooi vragmotor jare gelede naby Hentiesbaai gaan visvang het.  Die lorrie het skynbaar onklaar geraak en so lank daar gestaan dat dit ‘n baken geword het vir vissermanne.

So het ‘Bennie se Rooi Lorrie’ ‘n pleknaam geword – net soos Myl 108, Myl 7, Sêra se Gat, Myl 72 , Myl 74 en al die ander bekende plekname.

So met die jare saam het baie van die oorspronklike bordjies verdwyn en is dit met nuwe borde vervang.

'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant