Probeer só vir 'n galjoen

Probeer só vir 'n galjoen

Gansbaai Courant

Ek het hierdie raad gekry van Francois Nortjé, en sommer ook bietjie gesels oor die see, sy groot liefde, en sy ge-liefkoosde stokperdjie, galjoenhengel. Die volgende beskou hy as baie belangrik as galjoen jou teiken is:

1. Kleur van die see (moet amper die kleur van kabeljouwater wees).

2. Temperatuur van water moet wees, minimum 14.5 grade, maksimum tot 19 grade.

3. Skuimwater is noodsaaklik, en nie noodwendig rof nie.

4. Koue en helder water is nie ideaal vir galjoen vang nie en dan moet wurm liefs gebruik word.

5. Junie tot Augustus is die tyd om jou op galjoenvangs toe te spits en rypgemaakte   rooiaas die inding vir die regte galjoenwater.

Daar is ook ‘n verskeidenheid rooiase. Glasaas, ook baby-rooiaas genoem, is die pers, pap tipe en word in dieper water gevind, ook gedurende springlaag, onder die rotse. “Gewone” rooiaas, vanaf rotse en word ook uitgespoel.

Sandrooiaas (so witterig) meestal, soos die naam aandui, in die sand te vind, maar ook vanaf die rotse.

Om moeilikheid met die vrou te vermy kan die aas rypgemaak word in ‘n bamboes met ‘n prop voorin. Dit word aan ‘n boom gehang tot dit “reg” is. Ander geskikte ase sluit in witmossel, swartmossel, alle wurms en krewels.

Wat die moeite loon om te weet is dat galjoen kuitskiet op tussen 34 en 35cm. Die wettige minimumgrootte (35cm) gee dus die jonger vis kans om voort te plant voordat hy dalk gevang kan word. Oor 10 jaar is die mannetjie se lengte normaalweg 41cm en die van die wyfie, 50cm.

Van verdere belang is, om jou hoeke roesvry te hou is lewertraan net die ding, terwyl dit wil voorkom asof dit ook die vis lok. Anysolie weer, is handig wanneer dit met water verdun word en op jou hande gebruik word om “klanke” te verdryf. ‘n Ander gebruik van hierdie middel is om ‘n droë katrol reg te dokter.

Die moeite werd om te probeer?

Groete, Seemeeu

Probeer só vir 'n galjoen

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant