'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se Marimba-orkes het in Julie-maand ‘n hele paar ‘eerstes’ beleef.

Die 9 orkeslede het vir die eerste keer in hulle lewens gevlieg en vir die eerste keer beleef hoe oorweldigend dit is om in ‘n saal in te stap waar die grootste kompetisie van sy soort in die wêreld aangebied word, met sowat ’n 100 orkeste wat deelneem.

Hulle was ook die eerste dag wenners in ‘n kategorie.

Die geleentheid was die Education Africa International Marimba and Steelpan Festival.

Die Gansbaai-groep, ook bekend as die Sharimbas (Sharkie plus Marimbas) het onder leiding van Rialet Marais deelgeneem.

Die orkeslede is Daylen Tobias, Heidri Loff, Izaan Newman, Jaygon Visagie, Kaylin Robertson, Lorenzo Geldenhuis, Sebastian Johnson, Simorné Europa en Ulrich Visagie.

Buiten hulle afrigter is hulle ook vergesel deur Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en ‘n helper Aletta Groenewald.

Tommy vertel dat die vliegtuigrit vir die orkeslede ‘n belewenis was en dat hulle dalk "harder rem getrap het as die vliegtuig.”

Tommy vertel  dat, hoewel dit intimiderend was om tussen soveel ander orkeste in te stap,  die Sharkies vol selfvertroue voor almal begin oefen het.

 “Saterdagoggend om 09:00 het die Sharimba’s se lewens verander,” sê Tommy. “Hulle het aan die eerste kategorie, ‘The Mix’ deelgeneem.”

In hierdie kategorie moes een ander instrument, wat nie ‘n marimba of drom is nie, ingesluit word. Danksy Enlightning Trust se hulp, is ‘n 'steelpan' gekies. Nadat al die orkeste gespeel het, kom die oorbluffende aankondiging: “Die wenner van hierdie kategorie is Gansbaai Academia!

Die verbasing, skok en trots - alles op een slag - het die Gansbaaiers se hele naweek gemaak.

Die volgende 2 dae het die Sharimba’s aan 3 kategorieë deelgeneem, sonder om te wen, maar hulle was steeds in die wolke.

“Die skole waarteen ons gekompeteer het soos Michael House, Hilton College, Curro en meer was eenvoudig fenominaal en ons kinders het baie by hulle geleer. Dit was ‘n wonderlike voorreg om aan die grootste kompetisie van sy aard in die wêreld te kon deelneem,” vertel Tommy.

Tommy bedank graag vir Annemarie Kotze van Enlightning Trust wat met die afrigting behulpsaam was, asook met die voorbereiding van die span voor hulle vertrek na Johannesburg. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor alle borge, groot en klein, wat die toer moontlik gemaak het.

“Ons het ook groot waardering teenoor Gansbaai Primêr wat ‘n deeglike basis op laerskoolvlak vir die Sharimba’s skep met hulle uitstekende afrigting, sodat die kinders hul talente op hoërskool verder kan ontwikkel.”

Die Sharimbas, asook hulle afrigter en skoolhoof, is dit eens dat hierdie een van die beste ervarings is wat die marimba-orkes ooit gehad het!

'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant