Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

Gansbaai Courant

Die Bietoubossers staan daarvoor bekend dat hulle behoorlik kan kuier en klets, maar Riaan Jacobs het daarin geslaag om hulle tydens ‘n volle byeenkoms die swye op te lê, wat nie vir alle mans beskore is nie!

Riaan was die gasspreker tydens die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai se byeenkoms op 8 Augustus 2017 in die NGK se Kleinsaaltjie.

Die vroue was sprakeloos en vol verwondering met die aanskoue van Riaan se uitmuntende foto’s, asook sy meegaande verduidelikings. Hy is veral bekend vir sy pragtige natuurfoto’s.

“Riaan,  voormalige Brandweerhoof van die Overstrand, het ons vertel dat sy fotonemery as ‘n blote stokperdjie begin het,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Later het hy gereeld as troufotograaf opgetree, maar na sy aftrede het hy Gansbaai en omgewing se wonderskone natuur só geniet, dat hy voluit op fotografie begin fokus het.”

Elizma sê die Bietoubossers was gelukkig dat Riaan glad nie suinig was om heelparty goeie wenke met hulle te deel nie, terwyl hy dit aan die hand van sy foto’s geïllustreer het.

Onder ander het hy gesê dat lig ‘n belangrike rol speel en die beste natuurfoto’s vroeg in die oggend of laatmiddag geneem word wanneer die sonlig nie te skerp is nie.  “Wolke gee ook karakter aan ‘n natuurfoto,” het Riaan gesê.

Die komposisie van foto’s is ook deur hom uitgelig. “Deel jou fotobeeld vertikaal en horisontaal in derdes om die regte fokuspunt vir jou foto te kry,” was sy advies. “Landskapfoto’s vra tyd en geduld vir daardie regte oomblik om ‘n uitsonderlike foto te kry. Soms moet daar ver gestap word en selfs plat op die maag gelê word om ‘n foto vanuit die regte hoek te neem.”

Met verwysing na diere, het Riaan klem gelê daarop dat diere op oogvlak afgeneem moet word en nie van bo af nie.

Tydens die gebruiklike tee-drinkery en die geniet van verleidelike verversings, was die stilte onder die dames verbreek en is Riaan toegegooi onder “voornemende” fotograwe se vrae.

Riaan het twee van sy foto’s as looitjiepryse geskenk. Die gelukkige wenners was Marie Groenewald en Alta Pelteret.

Daarna het Riaan, ook ‘n voormalige voorsitter van Gansbaai Fotografieklub, die Bietoubossers uitgenooi om by die klub aan te sluit. 

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is 12 September 2017 om 10:00 in die NGK se Kleinsaaltjie. Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme, sal as gasspreker optree. 

Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant