Wat is so genotvol aan hengel?

Wat is so genotvol aan hengel?

Gansbaai Courant

Die volgende stukkie sal vir ewig van toepassing wees, hoe die tyd ookal verander. Eers gou ‘n vraag, “wat is so genotvol aan hengel?”

Jy gaan baie verskillende antwoorde op hierdie vraag kry, want daar is mos mense en mense.

Hengel jy net van die kant af of begewe jy jou ook op ‘n boot? Meeste van ons doen seker albei en dus gaan die antwoorde ook heelwat verskil.

Dis vir my meer gerieflik om my eie weergawe te gee van hoe ek dit ervaar. Miskien kan ek so ‘n paar koppe “oopmaak” van die mense wat dit alles bevraagteken.

Ek wil sommer kortpad vat en hengel met kaartspel en poker vergelyk. Met hierdie spel is daar die onverwagte wat jou altyd op jou tone hou en dís die ooreenkoms met hengel.

Jou lyn is in die water en die verwagting begin.

Meerendeels ‘n uitgerekte proses van wag en hoop. En mens, wat is lekkerder, meer opwindend as daardie onverwagse PLUK aan die lyn wat jou met ‘n slag uit jou drome wakker maak en die daaropvolgende stryd om jou vangs veilig in jou besit te hê?

Jou gerei word voorberei met die oog op wat jy verwag om aan te keer  --  en die kersie op die koek is wanneer jy meer kry as wat jy verwag het.

Wanneer daardie ekstra ou grote aan jou aas kom vat en die opwinding wat dit besorg na ‘n rustige sessie van wag is die pakket wat alles die moeite werd maak.

Ek hou nie daarvan om alleen te gaan hengel nie  --  vir geselskap kort jy ‘n maat, nie oor die baie gesels nie, maar juis oor die stilswye. Oor die stilsit en peins en dalk ‘n paar hartsgeheime deel. Op ‘n boot leer jy van saamwerk en interessant is dat elke boot met sy bemanning sy eie karaktertrekke het.

So leer jy van spanwerk en verbreed sommer ook jou mensekennis.

Die natuur om jou, of dit nou vanaf ‘n boot is of van die kant af, moet  bewonder word. Ook die see en alles wat dit oplewer. Die kans om die hemelruim te beskou, sterre, wolkformasies, alles wat lewe om jou. Jy kry weer kans om dankie te sê aan Hom.

Hengel is ‘n regmakende, helende proses wat jou weer die alledaagse lewe leer waardeer.

Min ander sportsoorte bied jou dit  -- en hou jou terselfdertyd uit die moeilikheid uit.

Slegs jarelange ondervinding sal redelike sukses aan jou besorg, maar ou meesters op hierdie gebied sal die eerste wees om te erken dat daar altyd iets nuuts te leer is. En jy kan maar luister na hulle, hoor!

Nog ‘n aspek wat groot genot verskaf -- die vangs, en nou is ons op ‘n ander gebied. Die soort vis, voorbereiding en die eet. Baie hengelaars kry meer selfvoldoening uit die hengel self en die eet is bysaak, maar min van hulle gaan nee dankie sê vir ‘n vet galjoen of ‘n snoekpens. En die lekker geselskap, die vuurtjie, die agteroorsit, die kans om te vertel van die grote wat weggekom het, dalk ‘n paar tegnieke by te leer en tussenin bietjie te spog.

Die kanse is groot om nuwe vriende te maak. Ai tog, wat meer wil jy hê!

Baie groete,

Seemeeu

Wat is so genotvol aan hengel?

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant