Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

Gansbaai Courant

Gansbaai Gholfklub se Algemene Jaarvergadering wat Donderdag, 24 Augustus 2017 plaasgevind het, het geskiedenis gemaak toe ‘n dame, Gina Esterhuizen, vir die eerste keer in die klub se geskiedenis as Visie-Klubkaptein gekies is. “Welgedaan, Gina!”

Die klub se nuutverkose Bestuurskomitee vir 2018 is Johan Pieterse (President), Daan Victor (Klubkaptein) en Gina Esterhuizen (Visie-Klubkaptein). Bestuurslede is Johan Schneider, Lieb Louw, George Hunt, Wally van Coller, Jakkie Beukes en Lambert Smith. “Ons wens hierdie span ‘n baie suksesvolle dienstermyn toe.”

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Solly Wessels met 35 punte, gevolg deur George Hunt 30, Sextus Neethling 29, Leon Hattingh 28, Wally van Coller 27, Leon Lombaard 27 en Andre Roos 24. 

Naaste aan die penne was Leon Lombaard op no’s 2 en 11 en Solly Wessels op no 15.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Etienne Engelbrecht met 20 punte, gevolg deur Richard Bentz 19, George Hunt 19, Leon Lombaard 18, Hennie Kriel 18 en Sextus Neethling 17.

Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en die gevreesde “Greenkeeper’s Revenge Golf Day” is deur Bev Swart aangebied. Bev en Andre het die baan baie interessant en moeilik gemaak, met ‘n lokval om elke hoek en draai. 

Melvin Tobias het geseëvier met 41 punte, gevolg deur Lieb Louw 36, Jakkie Beukes 36, Etienne Engelbrecht 33, George Hunt 32, Rene Myburgh 32, Nico Jones 32, Daan Victor 30, Johan Coetzee 29 en Sextus Neethling 29. 

Naaste aan die penne was Lieb Louw op no’s 2 en 11, asook op no’s 8 en 17. 

Pieter Loubser was naaste aan die penne op no 15. Lieb Louw teken ook ‘n Spog Twee aan op no 8.

Volgende Saterdag se kompetisie is die Maandelikse Houespel.

Vrydag, 1 September is weer ‘n Steak ‘n Chips braai-aand en bestellings moet vroegtydig geplaas word.

Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant