'Dit was 'n onnodige heksejag'

'Dit was 'n onnodige heksejag'

Gansbaai Courant

Orton King, voormalige sakeman van Gansbaai en tans Uitvoerende Direkteur van die Mega Groep van Maatskappye is ‘n vry man, nadat ‘n klag van sekondêre diefstal teen hom teruggetrek is.

King is op 30 Mei in opdrag van die senior staatsaanklaer van die Bredasdorp Landdroskantoor, deur die Bredasdorp SAPD in hegtenis geneem op ‘n klag van bedrog.

Hy is vir ‘n nag in die Bredasdorp polisieselle opgeneem en het die volgende dag voor die plaaslike landdros verskyn vir ‘n borgaansoek.  Kort voor sy verskyning het die staatsaanklaer die klagstaat van bedrog gewysig na sekondêre diefstal.

King is op borgtog van R5000, sonder enige verdere voorwaardes vrygelaat. 

Hy moes op 25 Julie weer in die hof verskyn, waartydens die saak uitgestel is na 10 Oktober 2017, onderworpe daaraan dat die saak na die Suid-Afrikaanse Vervolgingsgesag verwys word, omdat daar onsekerheid oor vervolging by die Hof was.

Volgens ‘n verklaring wat deur Agri Mega uitgereik is, verwys die beskuldiging op die klagstaat na R2,3 miljoen wat wederegtelik deur mnr King uit ‘n filiaal maatskappy van die Mega Groep sou geneem gewees het. 

Die klag is by die SAPD ingedien deur ‘n oud werknemer van ‘n filiaal maatskappy in die Mega Groep, nl Agri Mega Enterprises, wat intussen op grond van ‘n aansoek deur Agri Mega Groep (Edms) Bpk gelikwideer is. 

Die werknemer  is ‘n direkteur van die maatskappy Agrumart (Edms) Bpk waaruit die genoemde R2,3 miljoen volgens beskuldiging sogenaamd geneem is.

Op 29 Augustus 2017 het mnr King se regsadviseurs amptelik kennis gekry van die Suid-Afrikaanse Vervolgingsgesag dat die saak teen mnr King onvoorwaardelik teruggetrek word en dat daar geen meriete vir vervolging was nie.

Die verklaring lui dat die Mega Groep van Maatskappye se bestuur en personeel verheug is oor die uitslag.  Hulle huldig mnr King se standpunt dat hy totaal onskuldig is en dat hierdie hele aangeleentheid ‘n persoonlike aanslag teen hom was om hom te na te kom en te verneder. Die verklaring gaan voort met: benewens hierdie vernederende aanslag teen mnr King, asook die afbreek en benadeling van die Agri Mega handelsmerk, was daar ook in die proses ander rolspelers uit die plaaslike boerderygemeenskap betrokke, wie se identiteit eersdaags openbaar gemaak sal word.

Die Mega Groep het in die proses geweldig skade gely in terme van finansiële verliese, beeld en benadeling van sy personeel.  Dit het onder andere daartoe gelei dat die bestuur geen keuse gehad het as om ‘n hele aantal personeel te moes aflê. 

Die Groep het ‘n stresvolle tyd beleef, wat ook daartoe gelei het, dat die breër gemeenskap in die proses benadeel is. 

Die bestuur van die Groep, asook aandeelhouers, het na gister se aankondiging besluit om onmiddellik te begin werk aan ‘n strategie wat daadwerklike en doelgerigte regstelling en verhaling van skade insluit.

Die Groep gaan intussen voort met sy normale operasionele take wat onder andere insluit die aanbied van een van sy vlagskip geleenthede, nl die Agri Mega Week wat van 13 – 16 September in Bredasdorp plaasvind. 

Mnr King se mediaspan het hom soos volg aangehaal: “Die gebeure van die afgelope tyd het die Mega Groep van Ondernemings onder geweldige druk geplaas en skade aan die maatskappye en hulle aflewering veroorsaak as gevolg van vals en ongeverifieerde inligting wat kwaadwillig deur operateurs van ‘n heksejag die veld ingestuur is.

Vir my, my familie en personeel was dit ‘n baie onaangename en onnodige ervaring en my hart gaan verál uit na persone wat in hierdie tyd hulle loopbane by die groep van maatskappye moes prysgee. 

Na gister se inligting, posisioneer ek en die span onsself vir ‘n dinamiese regstelaksie om te verseker dat volhoubaarheid steeds aan die orde van die dag sal wees.”

Volgens die dagblad, Die Burger van 1 September 2017  het ‘n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie, totdat die saak op 10 Oktober amptelik uitgegooi word.

'Dit was 'n onnodige heksejag'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant