Neem deel aan BARC se potjiekosfees

Neem deel aan BARC se potjiekosfees

Gansbaai Courant

As deel van die Funky Fynbos Fees bied BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) hulle jaarlikse potjiekoskompetisie op 23 September aan - ‘n dag voor Nasionale Braaidag.

Dit beloof weer eens ‘n gesellige kuiergeleentheid by Sea View Sports Bar se biertuin te wees met ‘n sanger wat van 13:00 af optree en geskenkpakke wat deurentyd deur feesgangers gewen kan word.

Die potjiekoskompetisie begin reeds om 10:00 en eindig om 16:00.

Spanne kan self besluit wat hulle gaan gaarmaak en uit hoeveel spanlede hulle gaan bestaan.

Wanneer die potte teen 16:00 gereed is, kan feesgangers heerlike potjiekos koop ten bate van BARC.

Die inskrywingsfooi vir die potjiekoskompetisie beloop R200 per span, ten bate van dié diere-organisasie.

Annelie Jonker van BARC sê dat daar  lootjies verkoop sal word vir geskenkpakke wat  deur besoekers gewen kan word.

Enigiemand wat aan die prettigheid wil deelneem kan met Nols Jonas skakel by 083 742 3903.

Neem deel aan BARC se potjiekosfees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant