Deel 'n paar kosbare herinneringe met my...

Deel 'n paar kosbare herinneringe met my...

Gansbaai Courant

Van ‘n paar jaar terug - en dit gaan steeds meestal oor die see!

My huis destyds was gebou sodat die twee deure na buite oopmaak om vir meer spasie te sorg, maar dit het meer as voldoen aan ons vereistes!

Die winkels wat  ek kan onthou is Piet Bokkie en Susans.

Daar was geen krag beskikbaar nie en ek moes my motorbattery daarvoor inspan. Ook geen bousand of sement in Gansbaai te vinde nie.

Inbrake destyds was net so onbekend as ‘n verkeerskonstabel of stopstrate.

Gansbaai was nog “ou” Gansbaai. Ons het die Hardebaarde gaan opsoek, geleer en gekuier by hulle en intussen ‘n vriendekring gevorm wat vandag  nog steeds aan die uitbrei is. Mense met wie jy net so maklik saam kan lag as om ‘n traan te deel. Almal met een gemeenskaplike belangstelling: die see.

In Stanfordsbaai het ons baie aande deurgebring en vleis gebraai. Agter ons, tussen die bosse het nog ‘n ou murasie gestaan van vergane geboue.

Om op Kettingklip te kom moes jy by die ou vyeboom verby wat intussen moed opgegee het.

Sonder enige lig op die water het ek gereeld saans daar gaan hengel en gedurende daardie tyd het ek ‘n vis verloor wat nie gebodder het om te byt nie, maar sommer dadelik aan die loop gegaan en my dan met ‘n stukkende lyn en oorverhitte Penn 49 A- katrol gelos het wanneer die blikskottel eenvoudig die bamboes ingefoeter het. Rooisteenbras, mosselkraker, haai? Weet tot vandag toe nie.

My rubberbootjie daardie tyd was so ongeveer 3 meter lank en ek en Wally het baie voor De Kelders met hom gaan lê en gereeld kon ons spog met allemintige romanne en sommer so ‘n paar ander spesies ook.

Die ssss….-geluid het gesorg dat die pomp moes saamgaan en ons het noodgedwonge beurtelings moes pomp om te verseker ons bereik die kant veilig, vandaar die naam, Lappies. Eendag het dáárdie vis my op die bodem opgetel en reguit opgeskiet en twee maal kon ons sien wat dit was voordat die lyn gebreek het.

Wally het benoud geskree dat ek die lyn moes afbreek maar ek wóú hom in die boot kry. Vandag klink dit te ongelooflik, ook vir my, om te sê wat ons gedink het dit was.

Delne en Daphne was ons bure destyds en ons het hulle baie op Stanfordsbaai se rotse gevind waar hulle met ‘n bottel sjampanje die amper sonsondergang sit en bewonder en mekaar se geselskap geniet het. Vir my en my vrou was dit idillies!

Dieselfde Daphne het, toe die vier van ons gaan duik, my duikgewigte (op my aanbeveling) aanvaar om by hare te voeg, want ek het gedink hare is te lig. In die heupdiepte water het sy nogal lank gevat om weer gesig te wys, maar toe dit uiteindelik gebeur het sy my beskuldig - “you *$#!!, are you trying to drown me?” Stank vir dank het ek gedink! 

Ek kort ‘n dik boek om in hierdie trant aan te gaan. Dankie vir die meedoen.

Baie groete, Seemeeu

Deel 'n paar kosbare herinneringe met my...

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant