Reën demp nie sonsondergangstap

Reën demp nie sonsondergangstap

Gansbaai Courant

Dit was ‘n gesellige, maar reënerige “Sunset Walk” vanaf Gansbaai se ou hawe na die nuwe hawe op 29 Augustus 2017.

Hierdie suksesvolle staptogte word vir liefdadigheidsorganisasies deur Gansbaai Toerisme gereël en aangebied.

Ondanks reënerige weer, ook met die vorige stap, het dit so gewild geraak dat dit nou ‘n instelling geword het.

Iemand het met die tong in die kies gesê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, moet dieselfde staptogte in drooggeteisterde gebiede aanbied – dit reën elke keer.

Augustusmaand se deelname het warm vis & skyfies van Fanie en Salomé Barnard van Fish Lady ingesluit, asook ‘n glas wyn van Lomond Wynlandgoed.

Ongelukkig kon dit nie realiseer om die vis & skyfies op een van die vistreilers te nuttig nie, maar nie dìt, òf die reën, kon ‘n demper op die gesellige laatmiddag sonsondergangstappie plaas nie.

Reën demp nie sonsondergangstap

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant