Die hartklop van Eva

Die hartklop van Eva

Gansbaai Courant

“Eva, soveel van jou straal deur jou oë, die venster van jou hart - vat aan ander se harte en vra God om jou daarvoor oop te maak...”, het Susan van Heerden gesê.

Susan het as gasspreker tydens ‘n damesoggendtee met die tema, “Die hartklop van Eva”, op Saterdag, 2 September 2017 in die AGS saal opgetree.

Die prestige funksie in ‘n besondere pragversierde saal, is deur past Beryll Coetzer en haar helpers gereël.

Een van Susan se kosbare opmerkings was: “God het vir Eva liefde, posisie en waarde gegee, wat sy in die paradys verruil het vir bang- en skuldgevoelens, maar sy is deur Jesus Christus herstel om weer spesiaal en anders te kon wees – om lewe te skenk, lewe te spreek, lewe te omarm en lewe te deel.”

Susan het met ‘n leë, goue portretraam na een van die dames by ‘n tafel gestap en haar gevra om met haar gesig agter die raam te staan. “Dit is hoe God jou sien – deur ‘n goue raam,” het Susan gesê.

“Wat is jou naam?”

Susan vertel dat sy haar ore nie kon glo toe die dame antwoord:

“My naam is Eva.” – die tema van Susan se boodskap aan die dames!

“Ek vertrou dat elke dame vandag met ‘n ‘wow!’ in haar huis toe gegaan het, maar my persoonlike ‘wow!’ vir die dag was toe die dame in die goue raam vir my sê haar naam is Eva!”

Die hartklop van Eva

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant