Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

 Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

Gansbaai Courant

Voedselfeesgangers was nie teleurgestel met die heerlike disse wat voorgesit is tydens Gansbaai Academia se gewilde, jaarlikse Voedselfees nie – en dit so op die eerste dag van die lenteseisoen!

Geregte vanuit 8 verskillende lande is aan die gaste voorgesit, hetsy as voorgereg, hoofgereg of nagereg.  Die lande was Duitsland, Engeland, Frankryk, Griekeland, Holland, Maleisië, Portugal en Suid-Afrika.

Die onderskeie sjefs, vanuit plaaslike geledere, het op die verhoog agter hulle disse stelling ingeneem om dit uit te deel – en dit is hier waar die groot gesels net al hoe geselliger geraak het.

Gaste kon self kies of hulle wou bly en kuier en of hulle die oulike wegneempakkies tuis wou geniet.

Academia se vrolike geklede Sharimbas (Marimba orkes), het bygedra tot die aangename atmosfeer.

Eienaars en sjefs van restaurante wat bygedra het tot die sukses van vanjaar se voedselfees  is:

Voorgereg:

Sandra Boshoff van Home Chef (waterblommetjiesop bedien met ‘n saadbroodjie)

Hoofgeregte:

Riaan en Adam van Blue Goose (visbobotie op ‘n geelrysbed); Anna en Michelle van Pieta’s Restaurant (wildspastei) Wayne Devitt van Tolbos Bistro (Ris-soles); Thalia van Chickenland (Witloff  & pampoengebak).

Nageregte:

Nadine van Fynbos Coffee Shop (appelkrummelpastei met Chantilly room); Henry van Hot Coffee (mosbolletjies met ‘n soete draai); Anna van Anna’s Pies (tradisionele melktert).

 Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant