Pistoolklub slaggereed vir nuwe termyn

Pistoolklub slaggereed vir nuwe termyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Pistoolskietklub se nuutverkose uitvoerende komitee is slaggereed, of te wel skietgereed vir die nuwe termyn.

Tydens die klub se Algemene Jaarvergadering op Dinsdag, 5 September 2017, is 2016 se uitvoerende komitee onbestrede herkies: Alec Kitley (voorsitter en baanbeampte), Andy Ham-mond (visie-voorsitter), Corinne de Wet (sekretaris), Kathy Hammond (tesourier) en Adri Wessels (visie-sekretaris/tesourier).

Addisionele lede is Frans de Wet, George Bredenhann en Steve Cilliers.

Die enigste nuweling as lid van die komitee, is Christo van Rensburg.

In sy voorsittersverslag het Alec Kitley onder andere na ‘n bedrywige jaar verwys en enkele sake van belang uitgelig.

Gansbaai Pistoolklub is op 10 Februarie 1994 gestig, met veteraan Alec Kitley wat sedertdien, vir die afgelope 23+ jaar, as voorsitter en baanbeampte dien.

Die enigste ander oorblywende stigterslid is Stoney Steenkamp wat tans ‘n erelid is.

Tans is daar 44 lede in die klub, waarvan 16 (!) dameslede is.

Belangstellendes in Gansbaai Pistoolskietklub kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme bekom, asook tydens Saterdae se skietoefeninge.

Die klubhuis en skietbaan is aan die einde van Rietstraat (oorkant Gansbaai SAPD) agter Gansbaai Lionsklub se klubhuis geleë.

Oefentye is elke Saterdagoggend vanaf 08:30 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.

Pistoolklub slaggereed vir nuwe termyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant