Smul lekker aan die baber

Smul lekker aan die baber

Gansbaai Courant

Daar is ‘n paar redes waarom die seebaber so ongewild is  --  die feit dat hy omtrent oral opduik en soort van ‘n verpesting van homself maak. Dan is daar die geloof dat sy vel voor gaarmaak verwyder moet word. Daardie gifpenne is ook ‘n ander rede.

Omtrent almal weet dat die baber gaargemaak kan word, maar die vraag is, is dit die moeite werd?

‘n Maat van my, in die ou Suidwes, het baie ernstig gevra dat ons konsentreer op die vang van babers sodat hy die goed kan laat rook by een of ander “ekspert”.

Ses hiervan het hy aan my gegee en ek sou die goed aan my pa besorg  --  totdat ek daaraan geproe het.

My pa het darem twee gekry en ek moes hom meer belowe. Daar het ek geleer om die baber op sy rug te lê en dan die pens en kop (en die pen!) gelyktydig weg te sny, en die vel net so te los.

Die gerookte vis vat jy so aan sy stert, stoot die vel terug en eet dan die botterbruin vleis terwyl jy lippe aflek.

Of ék die baber só lekker kan rook is ‘n ope vraag. Watter ander gaarmaakmetodes vir hierdie vis is daar nog? Kom ons eksperimenteer en dan kyk ons of daar nie ‘n “babergaarmaakkoning” onder ons is nie.

Dis dalk ‘n beloning werd en dan moet ons mos kompetisie hou! Laat weet gerus.

‘n Jong kabeljoutjie gerook, gebak of gebraai smaak vorentoe en ‘n silwervis is iets om na uit te sien, maar ‘n baber, ordentlik gaargemaak (veral gerook) is mos iets “anders”, en wie hou nie daarvan nie?

Vergeet van wetenskaplike name.

Daar is ‘n swarterige (meer glibberige) baber en dan die amper witte, wat normaalweg aanvaar word en ook verskyn wanneer daar kabeljou is.

Dit klink mos na die ware jakob.

Die ander vis wat ook in die prentjie kan kom is die gurnard of knorhaan, soos meeste van ons hom ken. Maar hieroor op ‘n later geleentheid.

Baie groete, en lekker eet,

Seemeeu

Smul lekker aan die baber

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant