Kom wandel deur die Fynbostuin

Kom wandel deur die Fynbostuin

Gansbaai Courant

"'n Reis deur die Fynbos" in Gansbaai se hawe, bring die blommeprag van die Overstrand tot op jou drumpel.

Kusfynbos en eilandfynbos is deel van hierdie alom bekende uitstalling waaraan Gansbaai se vroue hulle vingers stukkend gewerk het.

Toegang is gratis, maar gooi maar gerus ‘n geldjie in die donasiehouer.

Wandel vandaar na die Birkenhead Bootklubsaal waar jy tee en koek kan geniet, terwyl jy oor die hawebedrywighede uitkyk.

Die Gansbaaiers beloof spesiale eiedorpse koffie, cappuccinos en warm sjokolade.

 Vertoef ‘n bietjie langer in die beskutte kompleks en ondersteun die bootklublede waar hulle worsrolle, hamburgers, prego steakrolle en ietwat sterker lafenissies aanbied.

Hier kan jy maar vassteek, terwyl jy wag dat die visbraaikompetisie tot ‘n einde kom. 

Ja, die manne en vroue wat vis ken, wedywer hier met hul familieresepte teen mekaar. Jy kan jou gereedmaak vir ‘n lekker vars vissie.

Die Fynbosskou en Bootklubkiosk se ure is Saterdag en Sondag 09:00-17:00  en Maandag 09:00-15:00.

Blommerangskik kompetisie

Maandag om 10:30 kan jy aan die Cropped kompetisie gaan deelneem, waar jy die kans kry om jou kunssinnigheid te bewys. Houers en blomme is beskikbaar. Deelnemers moet hul rangskikkings binne 30 minute gereed hê.

‘n Eerste prys van R500 kontant  wag op die wenner en die tweede en derde plek wenners sal elk  geskenkbewyse ontvang.

Die inskrywings is gratis, maar wees gewaarsku, daar is net plek vir 10 deel-nemers.  Stuur ‘n epos aan glenda@gansbaaitourism as jy wil deelneem. Bewaar hierdie nommer: Glenda 072 291 5564 en skakel haar vir enige navrae aangaande die Funky Fynbos Festival.

Kom wandel deur die Fynbostuin

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant