Lente Konsert verskuif na maand einde

Lente Konsert verskuif na maand einde

Gansbaai Courant

Lynette van Wyk van Dance Variations Co Ministry in Gansbaai is gereed vir die groot dag wanneer haar produksie, Spring has Sprung, aangebied gaan word.

“Ek noem dit ook ‘sing en dans vir die gestremdes’ van Huis Elim in Kerkstraat, Gansbaai,” sê Lynette. “Alle winste vir die aand gaan aan Huis Elim, Gansbaai geskenk word.”

Christian Pinkerton van Hermanus,  het ingestem om vir Lynette as balletmeester op te tree.

Christian het as professionele danser Suid-Afrika in 2015 by die Wêreld Danskampioenskappe verteenwoordig en met ‘n goue medalje teruggekeer.

Wepener van der Walt, ‘n vriend van Christian, wat vir sowat 5 jaar ‘n sirkus-kunstenaar was, sal op sy stelte (stilts) te siene wees.

Sowat 40 dansers sal aan die opvoering van sowat 1½ uur deelneem. Tydens pouse sal daar ‘n veiling van juweliersware en wyn plaasvind.

Die voorlopige program bestaan uit sowat 14 items, waartydens toeskouers ‘n verskeidenheid van danse drama en sang kan geniet.

Kaartjies teen R100 vir volwassenes en R40 vir kinders is verkrygbaar by Marie Reid - 083 310 1733.

Geen verversings sal toegelaat word nie en belangstellendes sal moet wikkel as hulle 1 van die slegs 60 sitplekke wil inneem. 

Die konsert begin Vrydag, 29 September om 18:00.

Lente Konsert verskuif na maand einde

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant