Ouers, beskerm jul kinders teen TIK en Poppers

Ouers, beskerm jul kinders teen TIK en Poppers

Gansbaai Courant

Oor die afgelope tyd is daar 'n toename in die misbruik van snuifmiddels onder jong kinders in die Overstrand.

Ouers en onderwysers moet waaksaam wees, aangesien dit ‘n kommerwekkende tendens word. Breinskade kan plaasvind binne 6 maande na die aanvang  van die  misbruik. 

Wat is ‘n snuifmiddel?

Snuifmiddels sluit in chemikalieë wat gevind word in produkte soos spuitkannetjies, skoonmaakmiddels, gom, verf, verfverdunner, naellakverwyderaar, amyl nitraat,  aanstekergas en meer.  Dit word gesnuif of gehyg om dronk of hoog te voel.

Die middels kan in ‘n plastieksak gespuit, in ‘n bottel gegooi of in ‘n lap of mou geweek word voordat dit ingeasem of gesnuif word. Die middels het psigoaktiewe (gedagte veranderende)  eienskappe wanneer dit ingeasem of gesnuif word.

Nuwe gebruikers tussen die ouderdom van 9-14 jaar misbruik veral gom, skoenpolitoer, spuitverf, petrol en aanstekergas.

Nuwe gebruikers tussen die ouderdom van 15-17 jaar misbruik meestal 'n tipe nitriet snuifmiddel, bekend as amielnitriet, metamfetamien (TIK) of  kapsule amielnitriet (poppers).

Daar is nie ‘n veilige vlak van dwelmverbruik nie.

Toestande kan wissel afhangende van die "baksel" of mengsel en aangesien snuifmiddels nie gesien word as dwelms nie, gebeur dit dat misbruik alreeds op ‘n gevorderde stadium is wanneer die probleem geïdentifiseer word.

Hierdie tipe dwelm is vryelik beskikbaar, goedkoop en die gevolg dodelik – net soos ander dwelmmiddels. 

Ouers, beskerm jul kinders teen TIK en Poppers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant