Die twee Haaibanke

Die twee Haaibanke

Gansbaai Courant

Die eerste Haaibank lê meer as 10 kilometer vanaf Kleinbaaihawe en min of meer wes/suidwes van die Eiland en nie almal sien kans om die tog af te lê nie. Veral met brandstofpryse deesdae is die keuse nie so maklik nie  --  veral die nie-kommersiële manne kom slegs by uitsondering daar. Indien jy wel kommersieel is, sal die prentjie heel moontlik anders daar uitsien en word die Haaibank juis die plek waar jy dikwels jou vis kan gaan vang.

Skole makriel, snoek, geelstert, geelbek, haai en menige ander vis word daar aangetref. Dan word dit natuurlik die plek waar jy voel jy móét wees. Omdat die Hardebaarde meesters is op die gebied van wanneer en waar sal hulle nie onnodig hierheen gaan nie, maar wanneer omstandighede dit vereis en jy sien hulle nêrens nie, dan moet jy weet, jy sal hulle by Haaibank vind.

Wees egter versigtig om hierdie ouens blindweg te volg, veral wanneer die weer nie gunstig is nie. Hou in gedagte dat hulle bote hierdie tipe water kan hanteer en die manne self weet natuurlik hoe om die see te lees.

Self was ek al heelwat daar en het die geluk gehad om snoek, makriel en geelbek daar te vang. En dis waarom jy soms sal neig om maar die ekstra kilometers aan te durf. Die klompie bote wat jy sekere tye daar aantref, die baie vis wat gevang word en die gees wat daar heers laat ‘n aangename prentjie by jou en dan is daar net een ding om te doen! Haaibank toe.

Let wel: Hierdie Haaibank is ‘n groot rif wat duidelik behoort te wys op die GPS en dan nog onderverdeel kan word indien jy verskillende vissoorte soek.

Die dieptes verskil ook heelwat. Die diep plekke bevoordeel juis die vang van silwervis.

Die tweede Haaibank ter sprake lê weer nader aan die Birkenhead en min of meer wes daarvan. Dis egter nie so diep in as die ander Haaibank nie en blyk ook nie so gewild te wees nie. Daar is ‘n groot afstand tussen die diep punte van die twee Haaibanke en maak dus seker jy gaan die eerste keer na die regte een  --  hopelik waar die vis is.

Makliker gesê as gedaan.

En as jy nie ‘n Hardebaard aan jou kant het nie kan dit maar lol!

Baie groete, Seemeeu

Die twee Haaibanke

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant