Nuwe rugbyklub gestig

Nuwe rugbyklub gestig

Gansbaai Courant

“Dit is met groot opgewondenheid dat ons die stigting van Gansbaai Vikings United Rugby Klub aankondig”, het Lindie Wessels, stigterslid van die klub vandeesweek aan die Gansbaai Courant gesê.

“Die afgelope paar weke is daar hard gewerk om hierdie projek van die grond af te kry en ons is baie trots dat ons volgende jaar deel sal vorm van ‘n liga in die Boland.”

Onder die entoesiastiese aanmoediging van Lindie is die klub gestig en is ‘n bekwame bestuur verkies.

Die bestuur sien soos volg daar uit: Chris (Goebels) Geldenhuys (president), Riaan Buys (voorsitter), Bernard Geldenhuys (onder-voorsitter), Lindie Wessels, (sekretaris/tessourier), Heinrich Vermeulen (wedstryd-sekretaris) en addisionele lede:  Jaun Havenga, Shane Middleton, Kobus Eloff en Warren Snell.

Die bestuur het ten doel om dit as ‘n gemeenskapsgerigte klub te bestuur wat die groter Gansbaai (Masakhane, Blompark en Gansbaai) saamsnoer en waar daar na die speler se talent gekyk word om dit sodoende verder te onwikkel. Gesonde mededinging word hoog op die prioriteitslys gestel.

Die bestuur spreek sy dank uit teenoor almal wat alreeds betrokke is, asook die spelers wat getrou oefen.

Spaces for Sports is as tuisveld aan die klub beskikbaar gestel.  Hieroor is die bestuur baie dankbaar en wil hulle in die besonder vir mnr Kat Myburgh (munisipale bestuurder) en Elicia du Toit (sportgrondbestuurder) bedank vir hulle bydrae en ondersteuning.

Enige iemand wat betrokke wil raak, op watter wyse ook al, kan die volgende persone skakel: Lindie Wessels 0723741611 of Chris (Goebel) Geldenhuys 079193 0722.

Nuwe rugbyklub gestig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant