Mnr Jonathan Doyle: Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April

Mnr Jonathan Doyle: Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April

Laerskool Gansbaai

image left

Mnr Jonathan Doyle: Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April 2023

Dit is met groot vreugde en innige dankbaarheid dat Laerskool Gansbaai u elkeen kan meedeel dat Mnr Jonathan Doyle amptelik aangestel is as die Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April 2023, soos deur die WKOD bekragtig.

Mnr Doyle is reeds sedert sy aanstelling in Januarie 2012 as Wiskunde-onderwyser, ‘n gewaardeerde en geliefde personeellid van Laerskool Gansbaai. In Julie 2018 word hy waarnemende Departementshoof en in Januarie 2019 word hy permanent in hierdie pos aangestel. Sy kennis van onderwysreg en -bestuur, sowel as sy liefde en passie vir Laerskool Gansbaai, die leerders en die groter Gansbaai-gemeenskap, het hom die natuurlike keuse gemaak om waar te neem as Skoolhoof sedert Januarie 2022 na die vroeë aftrede van Mnr Eben van der Merwe op 31 Desember 2021.

Ons wens hom alle voorspoed toe vir die groot verantwoordelikheid wat aan hom toegeken is en weet dat hy dit op die regte wyse sal bestuur. Dankie dat u en u kind(ers) deel sal vorm van sy ondersteuningsnetwerk om Laerskool Gansbaai uit te bou tot die beste Laerskool in die Overstrand, waar gehalte leer en onderrig vir elke kind by die skool ons grootste prioriteit is.

Gansie-groete.

Lorraine Kok

Voorsitter: Beheerliggaam

Mnr Jonathan Doyle: Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Laerskool Gansbaai se Beheerliggaam 2024 - 2027

Laerskool Gansbaai se Beheerliggaam 2024 - 20...

Baie geluk aan die volgende ouers wat verkies is tot die Beheerliggaam van Laerskool Gansbaai vir 2024 - 2027!

Laerskool Gansbaai
Kersfees Stal Dans Hosted by Laerskool Gansbaai

Kersfees Stal Dans Hosted by Laerskool Gansba...

Join us at Panorama Wedding Venue in Franskraal for a 'Kersfees Stal Dans' to remember!

Laerskool Gansbaai
Die Choral Academy van Stellenbosch Toer by die Gansies!

Die Choral Academy van Stellenbosch Toer by d...

Dinsdag 28 November het Die Choral Academy van Stellenbosch hul toer by Laerskool Gansbaai afgeskop met n ongelooflike kooruitvoering vir ons leerders.

Laerskool Gansbaai
Laerskool Gansbaai Kultuuraand 2023

Laerskool Gansbaai Kultuuraand 2023

Titanik: Lighuisdrome 2 gaan ons talentvolle Gansies se liggies weer laat skyn. 

Laerskool Gansbaai
27 Oktober 2023: Gansmark

27 Oktober 2023: Gansmark

27 Oktober 2023: Gansmark

Laerskool Gansbaai
Nasionale Move Danskompetisie

Nasionale Move Danskompetisie

Lia du Toit, Graad 1, het Goud verdien met haar uitslag van 91.5% by die Nasionale Move Danskompetisie.

Laerskool Gansbaai