TROLLEY RUN 2026
Saterdag 12 September het Mark Arendse, ons Trolley Run-wenner, deur die rakke van OK Foods Gansbaai geblits...

Dit is met groot vreugde en innige dankbaarheid dat Laerskool Gansbaai u elkeen kan meedeel dat Mnr Jonathan Doyle amptelik aangestel is as die Skoolhoof van Laerskool Gansbaai vanaf 1 April 2023, soos deur die WKOD bekragtig.
Mnr Doyle is reeds sedert sy aanstelling in Januarie 2012 as Wiskunde-onderwyser, ‘n gewaardeerde en geliefde personeellid van Laerskool Gansbaai. In Julie 2018 word hy waarnemende Departementshoof en in Januarie 2019 word hy permanent in hierdie pos aangestel. Sy kennis van onderwysreg en -bestuur, sowel as sy liefde en passie vir Laerskool Gansbaai, die leerders en die groter Gansbaai-gemeenskap, het hom die natuurlike keuse gemaak om waar te neem as Skoolhoof sedert Januarie 2022 na die vroeë aftrede van Mnr Eben van der Merwe op 31 Desember 2021.
Ons wens hom alle voorspoed toe vir die groot verantwoordelikheid wat aan hom toegeken is en weet dat hy dit op die regte wyse sal bestuur. Dankie dat u en u kind(ers) deel sal vorm van sy ondersteuningsnetwerk om Laerskool Gansbaai uit te bou tot die beste Laerskool in die Overstrand, waar gehalte leer en onderrig vir elke kind by die skool ons grootste prioriteit is.
Gansie-groete.
Lorraine Kok
Voorsitter: Beheerliggaam
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreSaterdag 12 September het Mark Arendse, ons Trolley Run-wenner, deur die rakke van OK Foods Gansbaai geblits...
Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!