Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Skriflesing: Mat. 5 (Saligsprekinge)
Geliefde gemeente, as ‘n eerste punt, kom ons kyk net vir ‘n oomblik goed na hierdie woord “treur” in hierdie saligspreking van Jesus …
Ons weet: “treur” dui op emosionele pyn; dit dui op hartseer, smart; droefheid; dit dra die betekenis: om te huil, om trane te stort.
‘n Eerste betekenis wat “treur” vir ons het, het betrekking op daardie emosionele pyn, smart, droefheid, op daardie huil en trane stort wat die dood/heengaan/sterwe van ‘n geliefde vir ons meebring.
Praat van ons “rou” by die dood van ‘n geliefde.
Die begrafnisformulier lui: “Die dood van ‘n geliefde is ‘n groot verlies waardeur ons diep bedroef word … ; daarom treur ons … (maar nie soos mense wat geen hoop het nie …)”.
‘n Bybelse woord wat naby die betekenis van “treur” lê, is die woord “ween”.
Die Ou Testamentiese gedagte aan ‘n “gebroke hart” lê ook agter die woord “treur”. ( Ps. 147: “Die Here is naby die wat gebroke is van hart. Hy verbind hulle wonde en genees …”).
Ja, die “treur” in Jesus se saligspreking het – soos iemand dit stel – inderdaad die betekenis van ‘n “groot huil” ….
(tussen hakies: die vreemdheid van hierdie saligspreking is dan ook dat dit “treur” en “geseënd” by mekaar uitbring).
As ‘n tweede punt wil ek verwys na ‘n Afrikaanse kortverhaal (skrywer: van Melle; die titel: “oom Izak leer om te huil”).
In die tyd van die groot koors; die oom wat ernstig siek raak … tot die dood toe.
In ‘n benewelde koorsdroom droom hy op sy siekbed hoe hy met sy sterwensreis besig is.
Op hierdie reis moet hy deur ‘n hele klompie hekke beweeg; by elke hek, ‘n hekwagter …
En dan: by die Laaste Hek – die hek wat nie vir hom oopgemaak word nie …
Oom Isak wat ontredderd/verbaas by die hekwagter navraag doen …
Die hekwagter se antwoord/ verduideliking: Oom Isak het nog nie die Groot Huil gehuil nie; oom Isak moet eers weer terugkeer na die lewe en eers gaan leer om die Groot Huil te huil …;
Oom Isak wat redeneer: maar ek het dan in my lewe sulke groot huile gehuil; smart beleef, droefheid ervaar, bitter trane gestort; geween ….
Wat sou hierdie Groot Huil dan beteken/ behels?
En oom Isak wat terugkeer na die lewe ….
Ek wil vanoggend die vraag vra: hierdie treur in Jesus se saligspreking – waaroor gaan dit presies? Wat is dit presies waaroor hierdie treurendes in Jesus se saligspreking treur?
Die antwoord
Een: Hulle treur (voor God) oor hulle sondigheid en sonde.
Dit is ‘n treur wat berou behels … : om (voor God) berou te hê oor my sondigheid en my sonde.
Om te weet van my sondigheid en my sonde; om dit te herken en dit te erken …;
En om te weet hoe my sondigheid en my sonde teen God vloek …; hoe dit vir God beledig en bedroef …
Ja, hierdie “treur” van die saligspreking wat verband hou met die Ou Testamentiese verootmoediging voor God …
Verootmoediging: “Om my hart te skeur …” voor God …
Om met berou voor God te staan; klein te word voor God; skuldig te pleit voor God; en: om met smeking/pleitgebed vir God se vergifnis te vra … te vra vir genade …
Ja, hierdie “treur” van die saligspreking wat ontspring aan ‘n fyn gewete voor God …
‘n gewete wat God se gesag oor my erken; wat God se aanspraak op my erken; wat weet dat ek verantwoording aan God verskuldig is …
En: ‘n gewete wat weet, wat kan onderskei en daarom weet: wat dit is wat vir God behaag; vir God verheerlik; en ook: wat dit is wat vir God beledig en bedroef …
“Geseend/salig is die wat treur …”
Nuwe Testamenties: ken ons hierdie “treur” van die saligspreking as die vrug van die werk van die Heilige Gees in ons lewens … (die Gees van die wedergeboorte) …
Die Heilige Gees wat vir ons oortuig van ons sondigheid en sonde –
En die Heilige Gees wat vir ons na Jesus Christus toe bring …
Nuwe Testamenties: ken ons hierdie “treur van die saligspreking as die droefheid, smart wat christengelowiges ervaar by nagmaalstafel by die aanskouing van die brood en die wyn …;
Duidend op die lyding en sterwe van Christus – belas met ons sondigheid en sonde …
‘n Prediker: hy vra: ken ons in ons dag nog hierdie “treur”?. Hy spreek die vermoede uit dat hierdie “treur” skaars geword het in ons dag …;
Skaars, ja – omdat soveel mense nie meer hulle lewens voor die aangesig van God leef nie; nie God se gesag en aanspraak erken nie; nie ‘n fyn gewete voor God het nie; ja, soveel mense in ons dag in wie se lewens God ‘n nulfaktor is …
En skaars, ja – ook omdat daar by soveel mense hierdie mentaliteit leef: die mentaliteit van die “selfrighteous”…
Nog ‘n Prediker: hierdie treur van die saligspreking is daardie treur wat saamloop met ‘n ‘n begeerte, ‘n versugting, ‘n verlange om meer heilig te lewe …; om God meer te behaag en te verheerlik met my lewe; om meer oor sondigheid te kan oorwin en om meer met sonde te kan breek …
Twee: die treurendes in die saligspreking treur ook oor hulle samelewing … ;
Aanhaling: “hulle treur … hulle huil … omdat hulle in dieselfde spieël waarin hulle hulle eie sondigheid en sonde aanskou, ook sien hoe min van God daar in in die mensdom is; sien, hoe min daar in die samelewing van God se koninkryk is …”.
Hulle sien: hoe mense mekaar verwond; verniel; seermaak; mishandel; beledig; misbruik; verneder; skaad; vertrap; beroof; moor …
Aanhaling: hoe mense dit alles aan mekaar doen – en so dikwels in die Naam van God! …” (in die naam van godsdienstigheid; vroomheid; ywer vir God).
Slotwoord: iemand het gesê: ‘n Mens se karakter wys in dit waaroor jy lag; in dit wat jou bly maak, in dit wat vir jou vreugde bring ..; maar netso, wys ‘n mens se karakter in dit waaroor jy huil … trane stort … , in dit wat jou bedroef, in dit wat vir jou smart bring …
“Geseend/ salig is die wat treur …”
(sien by hierdie saligspreking met ons geestesoog: sien die hande van Jesus …
hande verhef …, hande met die kruismerke …;
hoor “geseend”: hoor: julle vind guns by God; God is bly oor julle: julle is God se mense …)
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid