Kersversierings met betekenis

Kersversierings met betekenis

NG Kerk Gansbaai

Die tyd van die jaar word Kersbome gesoek en gekoop. Versierings word uit die kas gehaal en afgestof, nuwes word gekoop. Miskien is jy al moeg vir jou balletjies, takbokke en miniatuur Kersvaders. Hier is ‘n paar idees om hierdie jaar jou huis te versier met kleure en simbole van betekenis, wat inval by die kerklike gebruik deur die eeue.

Die vier sondae voor Kersfees is Advent. Advent beteken koms. Dit is die tyd wat ons as kerk in afwagting is en smag na verlossing en die geboorte van die Verlosser. Die kleure van Advent is pers/koningsblou, wit en goud. Dit is gebruiklik om in Advent vyf kerse te hê wat dan weekliks aangesteek word. Drie donkerblou/pers kerse(1ste, 2de en 4de Advent) ; een rooskleurige kers(3de Advent) en dan’n wit Christuskers vir kerssondag.

Kerssondag is nie bloot ‘n “geestelike” tyd nie, dit het juis te make met God se inkom in hierdie wêreld, en Advent is by uitstek die tyd om daarna te smag, te midde van jou alledaagse dinge. Daarom kan kleursimboliek en kerse in jou huis as ‘n herinnering dien.

Die kleure van Kersfees self is wit, geel en goud. Miskien kan jy die jaar die rooi en groen bietjie bêre en hierdie kleure inbring. Simbole wat pas by die tyd is die ster, krip, ligte en die geskenke wat die Wyse manne gebring het(goud, wierook, mirre). Nog ‘n simbool is ‘n stomp, omdat Jesus die loot is wat gebore is uit die stomp van Isai: “’n Takkie sal uitspruit uit die stomp Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra”. (Jes 11.1)

Die kruis in die Christelike tradisie vir Advent en Kersfees: Die “Natal”(geboorte) kruis is in die vorm van ‘n ster om ons te herinner aan die verhaal van die geboorte van Jesus.
Advent en Kerstyd is ook ‘n tyd van diens en omgee en daarom is dit nie net huise wat versier word nie, maar kan julle as gesin ook miskien ‘n klein liefdesprojek aanpak om ook iemand in die tyd by te staan.

Mag ons kreatiwiteit ons dankbaarheid teenoor Immaneul laat groei!

Seestrome 2007:4

Kersversierings met betekenis

dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai
Versoening

Versoening

Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid

NG Kerk Gansbaai
Nagmaal - naasteliefde

Nagmaal - naasteliefde

Die boodskap van die kruis is dwaasheid. 

NG Kerk Gansbaai