Christus, die Vredevors, se vredemakers in die samelewing.

Christus, die Vredevors, se vredemakers in die samelewing.

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing:
Jesaja 9: “Vir ons is ‘n Seun gebore, vir ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers en Hy sal genoem word … Vredevors!”
Mat. 5: 9: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”;
Mat. 5: 38: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘ ‘n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand’, maar Ek sê vir julle …”;
Mat. 5: 43: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat’, maar Ek sê vir julle …”;
Mat. 7: 7-12: “Vra, en vir julle sal gegee word … Alles wat julle wil hê die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete …”

Teks: Mat. 5:9:“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”.


Oordenking:
Een: ‘n Samelewing sonder vredemakers is ‘n gedoemde samelewing. Bedink dit: ‘n samelewing sonder vredemakers…; ‘n samelewing wat uitgelewer is aan vyandskap  tussen die mense daardie samelewing – sonder mense wat probeer om daardie vyandskap uit die weg te ruim; ‘n samelewing wat uitgelewer is aan die onderlinge stryd tussen mense in daardie samelewing – sonder mense wat probeer om daardie stryd te be-eindig; 
‘n samelewing wat uitgelewer is aan haat tussen mense – sonder mense wat probeer om daardie haat te blus; ‘n samelewing wat uitgelewer is aan mense wat van mekaar vervreem is en teen mekaar laer trek, in loopgrawe teenoor mekaar lê, hulle swaarde en spiese geslyp – sonder mense wat probeer om brûe te bou, vriendskap te bewerk, die swaarde en spiese te probeer vernietig, om mense te beweeg om mekaar die hand te reik

So ‘n samelewing – watter toekoms is daar vir so ‘n samelewing?; op watse soort toekoms kan die kinders van so ‘n samelewing hoop? Hoe lank kan so ‘n samelewing 
bestaan voordat dit inplof? 
Dink vanoggend vanuit die kleiner samelewingsverbande na die groter verbande: hoor as u vanoggend “samelewing”, hoor: huis, huwelik, gesin, familie, buurt, streek, land.
‘n Samelewing sonder vredemakers, is ‘n gedoemde samelewing.

Twee: Vredemakers het nie ‘n maklike taak nie, want om iemand aan te haal: “Mense kry hulle haat lief …; mense raak lief vir hulle haat”.  
Vredemakers word dikwels in samelewings self gehaat. Juis omdat hulle wil vrede maak; omdat mense hulle haat liefkry/liefhet.
Vredemakers word dikwels belaster, vervolg, as boosheid gereken.
Want inderdaad: daar is ook mense wat gevestigde belange het in samelewing waarin daar nie vrede is nie, maar waarin mense in vyandskap met mekaar leef, ‘n onderlinge stryd voer, van mekaar vervreem is en mekaar haat – ja, daar is mense wat by so ‘n samelewing baat, wat uit so ‘n samelewing goeie voordeel trek; geld maak, aansien verwerf, mag bekom. (die drie groot afgode van die mens se geskiedenis: geld, aansien, en mag).
Vredemakers het moed nodig; lydsaamheid (baie daarvan!) …; hulle het self ‘n stryd om te stry …
Om aan te hou, vol te hou, nie op te gee nie …

Drie: Christene kan nie anders as om vredemakers te wees nie. Christene kan nie anders as om te verlang na vrede nie; om te bid vir vrede nie; om te ywer, te werk, te offer vir vrede nie … 

Vra: Waarom nie? Antwoord: omdat hulle God ‘n God is wat vrede liefhet.
Sê: omdat hulle ‘n God ken en dien (sê: kinders van ‘n God is) vir wie haat, vyandskap, stryd, vervreemding sonde is. 
Ja, dit is hulle God – die God van die christene … die identiteit van hulle God; die wese en karakter van hulle God: ‘n God wat vrede liefhet, en vir wie haat, vyandskap, twis en  stryd, vervreemding sonde is.   

‘n Aanhaling: “Dit is beskamend dat “God”  in soveel mense se lewens die funksie van haat, vyandskap, stryd en vervreemding; dit is beskamend dat soveel mense aan die haat waarmee hulle haat, die vyandskap wat hulle koester en uitleef, die vervreemding wat hulle bewerk, die twis en stryd wat hulle uitleef , met “God” sanksioneer: dit met God verbind …: as sou God dit van hulle vereis, as sou dit in diens van God wees …; as sou God dit goedkeur en dit vir God behaag;  …; as sou God dit as deug/goeie werk bereken waardeur Sy Naam verhef word”.   

Nog ‘n aanhaling: “Godsdiens en godsdienstige mense is dikwels ‘n duiwel in ‘n samelewing. Godsdiens en godsdienstige mense wie se god van so ‘n aard is dat hulle in die naam van hulle god ander mense mag haat, mag vervloek, mag beveg. Godsdiens en godsdienstige mense wie se god van so ‘n aard is dat in Sy Naam, tot Sy eer, heilige oorloë van haat teen ander gevoer word – oorloë wat selfs dood maak”.    

Vier: Die vrede in ‘n samelewing waarvoor Christene hulle beywer (verlang, bid, werk, offer) vrede wat registreer in hierdie gesindheid van hart tussen mense: 
van sorg vir mekaar, uitreik na mekaar, omgee vir mekaar, deel met mekaar – die gesindheid van hart om die lewe vir mekaar (een vir die ander) beter te maak, sagter te maak, mooier te maak. Dit is die vrede van die Bybelse Ou Testementiese  shalom. 
Shalom kom wanneer mense wat vyande is, teenstanders en opponente in stryd met mekaar is, die vyandskap opsê en mekaar die hand van vredemaak reik; bedink die merkwaardige Ou Testementiese beeld van swaarde en spiese wat gesmelt word en (nuut) gesmee word tot ploegskare …

Shalom dui op heelheid en welsyn in ‘n samelewing.
En (die Bybelse) voorwaarde wat vir die verwerkliking van shalom, is die beoefening van  geregtigheid.

By ons teks: “Geseënd is die saligmakers, want hulle sal kinders van God genoem word”,
hoor ons vanoggend ook: “Julle moet aan ander mense doen wat julle wil hê hulle aan julle moet doen”. Dit is die grondbetekenis van Bybelse geregtigheid – om geregtigheid te beoefen … en om vrede (shalom) in die samelewing waar te maak..

Vyf: Kom ons dink vanoggend aan Suid Afrika …        
En die groot behoefte wat ons land aan vredemakers het.

Is vrede in Suid Afrika ‘n ideaal wat ‘n kerf te hoog is?
Teen ‘n groot stuk sinisme in … Duisend redes kon aanvoer waarom vrede nie moontlik is nie …   (‘n sinisme wat dalk ook ook in ons eie harte mag lê …)


Slot: Christus stuur ons …Hy eis van ons om Sy vredemakers in die samelewing te wees. (Duur betaal)

Maar let op – Christus beloof ook … (en hoor ook hierdie woorde by ons teks: “Vra, en vir julle sal gegee word …”.

Dit is Kersfees … ! 


 

Christus, die Vredevors, se vredemakers in die samelewing.

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai
Versoening

Versoening

Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid

NG Kerk Gansbaai
Nagmaal - naasteliefde

Nagmaal - naasteliefde

Die boodskap van die kruis is dwaasheid. 

NG Kerk Gansbaai