Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Skriflesing: Jes. 55
Teks: vers 7: “want Hy vergewe altyd weer …”
Lees saam met Kol. 2 verse 13 en 14: God het julle saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy al julle sondes (OV: “misdade”) vergeef het …”.
Die woorde van ons teks: “want Hy vergewe altyd weer …”. (OV: want Hy vergeef menigvuldiglik …”); LB: want Hy vergewe alles”; Ned. Vertaling: “want Hij vergeeft ruimschoots …”; Eng. Vert: ‘for He will abundantly pardon...’.; nog ‘n Eng vertaling: “he will freely forgive …”.
‘n Aanhaling: “In die begrip ‘menigvuldiglik’ lê daar nie net die betekenis van God wat weer en weer/ telkemale vergewe nie, maar ook die gedagte dat God groot vergewe: ‘n groot optelsom van sondes vergewe …”.
Wat belangrik is, is dat – terwyl ons hierdie woorde uitlig: “want God vergeef menigvuldiglik” - ons hierdie woorde ook moet saamlees met die woorde wat dit direk voorafgaan, en ook sal saamlees met die woorde wat direk daarop volg: .
Die woorde vooraf (OV)”Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer; dan sal Hy, onse God, hom barmhartig wees …”;
Die woorde wat direk daarop volg: “want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, julle weë is nie My weë nie, spreek die Here”.
Die woorde van ons teks vorm deel van ‘n dringende, ernstige oproep tot bekering: God roep sy mense wat van Hom af weggeraak het, wat Hom vergeet het en Hom verlaat het, sy mense wat verkeerd leef, goddeloos leef , na Hom toe terug.
Wat merkwaardig is: is dat die bekeringsoproep vergesel word, gedra word, deur – die belofte wat deur die ons teks geskryf word :
die belofte: dat God sal vergewe …
Geliefdes, is daar dalk vandag iemand onder ons wat nodig het om hierdie belofte te hoor?; Iemand onder ons wat op ‘n plek in sy/haar lewe is, wat in ‘n seisoen in sy/haar lewe is, waar hy/sy hierdie belofte nodig het?
Geliefdes, ons teks lê ingebed in die teologie van die Ou Testament; die Godsbegrip van die OT gelowige, die Jood, die Israeliet … sou ons vir die Ou Testementiese gelowige vra: wie is julle God; hoe is julle God?; wat is die aard en die karakter van julle God?; wat is dit aan julle God wat Hom vir julle so ‘n aanbiddingswaardige God maak? – sou een van die groot/diep antwoorde wat hy op die vrae gee, hierdie antwoord wees: Ons God is ‘n God wat vergewe!
Uit die OT – ook in Jesaja, vind ons byv. die aangrypende teks: “Kom tog, laat ons die saak uitmaak, sê die Here. Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu; al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol”
Ons lees in die profeteboek Miga:”Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde! U bly nie vir altyd toornig nie, Hy sal ons weer genade betoon; Hy sal ons sonde tot niet maak.U sal ons sondes in die diepsee gooi”.
By Jeremia – en: wat ‘n groose gedagte!: “want Ek sal hulle ongeregtighede vergewe en aan hulle sondes nie meer dink nie …”.
By Nehemia: “en hulle het geweier om na U te luister; hulle het hulle nek verhard …, maar U is ‘n God van vergewing, en U het hulle nie verlaat nie …,”
By Daniel (in sy gebed om vergifnis vir sy volk): “By U Here onse God, is barmhartigheid en vergewing …”
Ook elders in OT – dink maar net aan die Psalms - vind ons die Ou Testementiese gelowige se vertroue op ‘n God wat vergeef … (hierdie teologie van ‘n God wat vergeef).
Psalm 130: “Uit die dieptes roep ek na U, o God. As u ons sondes in aanmerking sou neem, wie sou dan nog bestaan? Maar by U is daar vergifnis, daarom word U steeds gedien ..” ;
Psalm 103: “Hy handel nie met ons volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, maar so ver soos die Ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af”.
Ps. 51: “teen U het ek gesondig; ek het gedoen wat verkeerd is in U oë …… wis tog asb my skuld uit; ek sou daarvoor ‘n offer kon bring, maar die offer wat U vra, o God, is die offer van verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou, nie gering ag nie …”.
Psalm 32: “toe het ek my sondes bely, my oortredinge nie weggesteek nie … en U het my vergewe … (en: “dit gaan goed met die mens wie se sondes vergewe is”)
Psalm 25: “Here, omdat U goed is, trou is, ter wille van U Naam, vergewe my sonde, want dit is groot …”
Ja, ons God is so ‘n God; Hy is hierdie God: Hy vergewe …
altyd weer; menigvuldiglik - groot …
Ek vra weer: iemand onder ons vandag hier wat nodig het om hierdie belofte te hoor? …
Afsluiting: ‘n Prediker ontvang ‘n brief deur ‘n man geskryf deur die pos. Die man skryf: “Dominee, ek het ‘n groot ‘n gemors van my verhouding met God gemaak …; ek het ‘n lewe begin leef waarin ek vir God tot ‘n nulfaktor gemaak het; ek het ‘n lewe begin leef waarin ek net myself gedien het; ‘n lewe waarin God en Sy saak geminag is – en waarin net my ek net een belang gedien het: eiebelang … ek het in diens van eiebelang teen al die gebooie van God swaar gesondig …. Ek moes vir God soveel droefheid veroorsaak het, en Sy saak in die wêreld soveel skade berokken het …
Ek het die laaste tyd tot hierdie insig gekom: dat ek nodig het om nuut te begin in my verhouding met God …; ek het ‘n verlange na God begin ervaar …;
Ek het nodig om terug te keer na God; ek het nodig om my lewe te verander …
Maar nou teister hierdie vraag my: het ek nie dalk met my goddelose lewe êrens ‘n grens oorgesteek in my verhouding met God nie – met die gevolg dat ek nou op ‘n plek is waar ek in my verhouding met God geen hoop meer het nie?
Die prediker het ‘n brief teruggepos – en hy het uit die Bybel twee skrifgedeeltes vir die man aangehaal :
Uit die nuwe testament Kol 2 verse 13 en 14: “God het julle saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy al julle sondes (OV: misdade) vergeef het. Hy het die skuldbewys (skuldbrief) met sy eise/aanklagte teen ons tot niet gemaak (uitgedelg). Deur dit aan die kruis te spyker, (vas te nael) het Hy dit vir goed weggeneem.”…
en daarmee saam: Jesaja 55 -
en die man pertinent verwys na die woorde van ons teks: “want Hy vergeef menigvuldiglik …”.
(tussen hakies - die prediker het uitgelig: nie net die woorde direk voorafgaande nie, maar veral ook die woorde wat direk volg: “Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle wee is nie My weë nie …”
God se weë is anders …
As ‘n God soos ons was … of selfs die gode van ander … ! wat boekhou van die kwaad; wat grense trek vir ons vergifnis …; wat kwaad met kwaad vergeld, wat ….
Dit is die grootsheid van ons God!
Hy werk met vergifnis … Hy trek ons telkens weer terug na Hom toe met vergifnis …
Ons is by die kruispunt van die ou jaar en die nuwe jaar:
Stap die ou jaar uit, Stap die nuwe jaar in …
Gryp vas aan die belofte … !
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid