Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Sondag van Hoop
Die eerste Sondag van Advent is die Sondag van hoop. Een van die tekste vir hierdie Sondag is Jeremia 33: 14-16. As mens die teks lees dan val die tipiese Adventswoorde jou op: “Daar kom ‘n tyd, sê die Here”. In die 1953 vertaling staan daar: “Kyk daar kom dae!”
Die teks kom uit ‘n tyd wat Koning Nebukadneser van Babilon oppad was om Jerusalem in te val. Dit was ‘n tyd sonder hoop. Tog word die profeet geroep om hoop te preek. Wat is die inhoud van hierdie hoop? Dit was geregtigheid.
Kom ons lees die volle teks in die 1953-vertaling en kyk hoeveel keer geregtigheid voorkom:
“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda. In die dae en in die tyd sal ek vir Dawid‘n spruit van geregtigheid laat uitspruit, en hy sal reg en geregtigheid doen in die land. In die dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Geregtigheid (justice) in die Bybel is daar waar reg nagejaag word. Reg is die nakoming van die wet asook die verbondswil van God. Reg is die teenoorgestelde van onreg. Onreg in Jeremia is die uitbuiting van weduwees, wees, vreemdeling en swakkes. God is in sy wese geregtigheid en die inhoud van die hoop is die verdwyning van onreg. Onreg het baie gesigte, in die Bybelse tyd maar ook nou. Is die inhoud van ons hoop altyd geregtigheid/ Geregtigheid is tog die herstel van onreg.
Jeremia herinner ons in wie ons hoop geleê is, maar ook wat die inhoud daarvan is,want God kan nooit los gemaak word van geregtigheid nie. Miskien moet ons hierdie advent onthou: Peace is one thing, but peace without justice is nothing at all. Jesus het vir ons kom wys hoe lyk ‘n heerser van vrede en geregtigheid. Mag ons groei in ons verlange dat hierdie Here weer sal kom en alles sal kom vervul en mag die inhoud van ons eie hoop ook dit word wat God vir ons wil.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid